Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Ek was nog altyd baie mal oor Parys. Heerlike plek om te kuier en die sak te skud. Ons het by Hoi Poloi ontbyt geëet - wat 'n ongelooflike plek!"
"As 'n gebore Vrystater wat nou in KZN woon, was dit met 'n gedeelde hart dat ek die eenvoudige skoonheid kon ervaar, maar ook die TELEURSTELLING van die Aliwal Noord Spa. Die droogte was hartverskeurend. 'n GROOT pluspunt is die ongelooflike mooi kerke in die klein dorpies al die pad Kaapstad toe. Ons het die Sondagaand na die kerksangdiens in Rouxville se kerk gegaan. Asemrowend!"
"Smithfield is a convenient halfway stop between Joburg and East London. The town has an amazing history."
"Oos-Vrystaat is altyd 'n wenner vir ons, vanaf Harrismith tot Clocolan, met sy unieke rotsformasies en wilgerbome. Hierdie jaar was dit wel baie warm om daar rond te ry, 35-40 grade deurentyds. Mount Everest Game Farm met sy wonderlike uitsig het 'n wenresep beet vir kort oornag geleenthede."
"Gerig op buitelandse kliënte. Inkopies is te duur! Items behoort 'n Rand en Dollar prys te hê."
"Universitas is meer geskik vir familie van studente wat by Kovsies studeer. Tog, met inkopiesentrums, sportgeriewe en casino binne maklike bereik kan toeriste hul tyd daar baie geniet."
"Clarens is 'n baie rustige dorpie en geleë in 'n pragtige skilderagtige omgewing. Daar is 'n groot verskeidenheid restaurante, kunsgalerye en winkels wat goed ingerig is vir vakansiegangers om aandenkings te koop. Die dorpie is baie sentraal geleë naby ander besienswaardighede soos Die Nasionale Park, Golden Gate en die Glen Reenen oord. "
"Convenient access to Lesotho and very neat. The roads need a bit of work as it is apparent that the town is not doing well financially. However, it is very nice place to relax."
"Bethlehem is 'n goeie middelpunt waarvandaan verskeie besienswaardighede in die Oos-Vrystaat besoek kan word. "