Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Ons is lief vir Bloemfontein en sy mense en oornag graag daar op pad Noorde toe. Waverley is beslis die mooiste en groenste deel van die stad."
"Dis 'n pragtige plek met die oulikste winkels en eetplekke. Netjiese en baie goeie toeruste bestemming. Sal weer gaan."
"Stadsmense sal dit seker beter waardeer, maar ek dink dis net nog 'n gekomersialiseerde plattelandse dorpie."
"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
"Ons het dit vreeslik geniet en het nou ook vir ons 'n huis in die rivier kant gekoop ons kan nie wag om daarheen te verhuis nie. Dis net fantasties in Parys ons het weer ons Afrikaans ontdek en ons taal het nie aanstoot by iemand gewek nie."
"Baie beïndruk met die dorp, uitbreiding vind plaas en die dorp was rustig, skoon en gasvry oral waar ons gekom het."
"Ek is nie lief vir Bloemfontein, want sy weer is van een uiterste na ander. Baie warm na baie koud."
"Dit is nie almal se smaak nie en jy moet gebou wees om daar te bly maar dit is 'n ander tipe natuurskoon, lyk netjies en skoon met die landskap wat so dol en leeg is met net grasvelde en koppies waar jy kyk. "
"Dit was die moeite werd om daar 'n draai te maak. Al die noodsaaklike geriewe is beskikbaar."
"Baie stil en rustige woonbuurt met voëlgesang in die oggend. Lekker om daar te kon tuisgaan."
"Pragtige ou geboue. Geleë in 'n baie mooi omgewing. Die natuur is asemrowend mooi. Ook naby genoeg aan Clarens, maar nie deel van die muis gedruis in Clarens oor naweke nie. As mens stilte en sielsrus nodig het, is Fouriesburg jou bestemming."
"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
"Ons gaan al vir baie jare gereeld Clarens toe, en dit is nou al jaarlikse instelling, so baie om te geniet in die omgewing - en die interessante winkels met die wonderlike produkte is elke keer 'n wenner. "
"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
"'n Mooi gedeelte van Bloemfontein. Die tyd het ons nie toegelaat om Universitas beter te verken nie."
"Clarens is 'n baie oulike plek, en dit was nie die 1ste keer wat ons daar kuier nie."