Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Dit moes 'n lieflike dorpie gewees het van ouds. Soos al die plattelandse plekkies is daar verval, maar ons het gegaan vir die kerkbasaar en wat 'n fees! Fantastiese mense, fantastiese kos en die omgewing is 'n lushof vir enige fotograaf! Dankie Memel!"
"Ons het heerlik geëet by Bon Apetit. Die kos is heerlik en regtig nie duur nie. Ons was in Reitz vir 'n troue. Dit is 'n plaasgemeenskap en die meeste mense in die winkels kan jou help in Afrikaans. Die dorp het genoegsame winkels om die noodsaaklike goed daar te kry vir selfsorgeenhede of indien daar 'n noodgeval is. Ek is nie seker of die winkels op Sondae oop is nie so koop maar die nodige goedjies voor Sondag. Daar is 'n Spar, klerewinkels, banke, kerke en ook groot handelstakke soos VKB. Alhoewel sommige van die strate in die dorp nie baie mooi onderhou is nie, is die hoofstrate redelik netjies. Reitz is 'n taamlike groot dorp maar daar heers 'n rustige atmosfeer. As mens bietjie soek dan is daar redelike aktiwiteite in en om Reitz om jou besig te hou."
"Dalk mag die rivier se watergehalte in die toekoms 'n negatiewe effek op toerisme hê."
"Bloemfontein is stadig maar seker besig om agteruit te gaan m.b.t. dienste en paaie."
"Sadly the municipal services (lack of) are a hindrance to the many interisting enterprises operating in the town."
"Voorheen daar gebly en sien ook maar dat stad agteruitgaan maar dis nogsteeds 'n heerlike stad om te besoek."
"Baie geskiedkundige plekke om na toe te gaan. Enige familie moet "Jumpers Lane" besoek vir 'n ongelooflike tyd vir die hele familie en die lekkerste kos in Bloemfontein, vir seker. Natuurlik kan niemand Bloemfontein verlaat sonder om eers by Bester Slaghuis hulle heerlike geelvetbiltong te kry nie wat die beste in die hele wêreld is teen bekostigbare pryse!"
"Toestand van die paaie in dorp teleurstellend swak, maar ons weet hoekom. Ons kon by ingang na dorp sien hoekom dit die Dorp van die Jaar toekenning gekry het, maar o wee. Die res is maar wat ons oral teekom in ons eens mooi land."
"Ek was net vir 'n dag in Sasolburg en sal graag wil in die toekoms die dorp en sy besienswaardighede beter leer ken."
"This very historic town is well worth a visit. Four time "Best Free State Town" winner, albeit many years ago now, but as a number of the heritage sites are unmarked and poorly presented, it's best to go on a pre-booked tour."
"'n Pragtige plekkie met uitsonderlike restaurante. "Treat" restaurant doen reg aan sy naam, een van die heel bestes. Stukkie hemel!"
"The town is not great, but we went to Destiny's Castle which was wonderful."
"Dorp van die jaar in 2022, maar dis maar net 'n deel van die dorp. Baie verwaarlosing, stroping ens."
"So 'n mooi dorp maar ai, die dienslewering is maar hier ook 'n uitdaging."
"Accommodation options should preferably be further from the city centre."