Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 1244 reviews.
"Vissergemeenskap. Almal was vriendelik en dit was asemrowend mooi, veral die Klipgat-Grotte. Iets om te beleef en aan te beveel."
"Franskraal is uitsonderlik, maar Gansbaai in geheel ontbreek nog baie. "
"Gansbaai en De Kelders en omgewing is pragtig, die plek word silwer skoon gehou, nêrens word mens gepla deur bedelaars soos in ander vakansiebestemmings nie. Die mense van die dorp is baie gasvry en hulpvaardig. Ons gaan definitief weer daar kuier. "
"Mal oor Gansbaai se vriendelike inwoners. Plekke wat ons besoek en ondersteun het, was: Boetie Otto se viswinkel, met hul heerlike vars vis en gawe, bekwame, vriendelike personeel; Gansbaai Coffee Company, met hul lieflike kuierplekkie, hawe-uitsig, heerlike koffie en eetgoed vir die lekkerbekke; Komtessa, met hul imposante eienares en unieke klere; Koekeloer, met hul lieflike binnenshuiseversieringswinkel, sowel as die Koekeloer klerewinkel, beide met personeel wat vir jou laat voel hulle raak jou vriende in die kort tydjie wat jy daar kuier; Gansbaai Book Exchange, waar mens ure kan deurbring met boeke uit Toeka en boeke van nou; Antique Junction, nog 'n plek waar jy ure kan deurbring en terugverlang na die vorige era; Sportzone, vir groot winskopies!"
"Die Walker Bay natuurresevaat waar Klipgatgrotte is, is beslis die hoogtepunt! Hulle ontvang ongelukkig slegs kontant vir ingangsfooi, geen kaart/zapper/snapscan nie."
"Die hele strook van De Kelders, Gansbaai, tot met Fransbaai is 'n baie spesiale plek."
"Ons sal beslis weer gaan kuier en moontlik eiendom wil soek. Baie rustige en mooi omgewing."
"Best coffee shop - The Coffee Company. Best seafood - The Harbor Cafe. Loved all the things to do in Gansbaai."