Verified Reviews
George
All reviews have been left by TravelGround customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Ons het George, Klein Brak, Groot Brak en Mosselbaai verken in die 2 dae wat ons daar was. Die kinders het gaan Zipline, ons het die Bartholomeus Diaz museum besoek en die lekkerste kos by De Vette Mossel gaan eet in Groot Brak en geswem by Klein Brak in die riviermond. Dis so mooi en 'n belewenis."
"Lekker mark op George en goeie winkelsentrums. Kon alles op George koop insluitende goeie hout vir braai by Safari op George. Puik varsvisplekke om vis by te koop en kwaliteitvleis by verskeie slaghuise. Naby George Lughawe geleë. Vele dinge om te doen by Heroldsbaai en omgewing. 20 minute van George af, 30 minute van Mosselbaai af. Strand op Heroldsbaai is een van die mooiste strande in die omgewing."
"George bars uit sy nate uit. Lyk my die hele Gauteng wil hierheen kom vir vakansie. Ek is ook van plan om hier te kom aftree. So ek kan myself nogals in George sien. Baie ontwikkeling wat plaasvind getuig van DA beheerde Munisipaliteit wat funksioneel is. Uitstekende mediese sorg is byderhand."
"Heerlikste plek in SA om vakansie te hou. Sal enige tyd als in Gauteng opgee om daar te gaan bly."
"Daar is baie om te doen vir kinders. Mooi strande. Asemrowende uitsigte."
"George is 'n pragtige area. Ons het die Aarbei Plaas: Redberry Farm besoek en dit was die moeite werd. Baie gewilde bestemming en die kos was baie aangenaam."
"Dit is baie skoon en almal is baie vriendelik. George is 'n pragtige plek. Hou so aan."
"Ons het George as 'n vriendelike dorp ervaar wat toeriste baie goed aanvaar."
"George is 'n pragtige, skoon en netjiese dorp wat lekker sentraal geleë is tussen al die kusdorpies. Die boemelaars kan egter 'n groot probleem word indien die situasie nie aangespreek word nie."