Verified Reviews
George
All reviews have been left by TravelGround customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Campher's Drift is baie sentraal geleë en 'n baie mooi gedeelte van George."
"George is 'n stad, maar ook 'n dorp. Dit is netjies en skoon en die paaie raak tog stil. Ek is mal daaroor."
"Sou lekker wees as daar net 'n klein restaurantjie op die strand was waar mens kon sit en die pragtige uitsig geniet. Dit is regtig 'n pragtige plekkie."
"Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen."
"George is centrally and conveniently situated in relation to surrounding tourist attractions."
"Victoriabaai is beslis mooi, pas net op vir diewe op die strand en by jou kar in die parkeerarea."
"There is very few places like George. Simply one of the best holiday destinations in South Africa."
"Hier is als wat jy wil hê wanneer jy met vakansie gaan. Daar is die mooiste strande, dan is daar ook winkelsentrums en als wat daarmee saamgaan. En net om als af te rond, het jy ook die bome en berge waarna jy vir ure kan staar. Ons het heerlik gekuier in George!"
"Voortreflik as 'n toerismebestemming. Pragtige natuurskoon en die omliggende strande is pragtig. "
"Moeiliker om te bereik en sowat 20 minute uit die middestad. Die rustigheid van die omgewing vergoed daarvoor."
"Pragtige dorp met goeie fasiliteite. Naby genoeg aan die strande, maar weg van die gewoel."
"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."