Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Ek het dit op my reis geplaas as gevolg van die pas en is beslis na alles nie teleurgesteld nie. Beslis die moeite werd om te ervaar."
"The Four Sheep restaurant het heerlike kos bedien.Ons het gewoonlik verby Beaufort-Wes gery as gevolg van veiligheid, maar ons was aangenaam verras om Aan de Voortrekker te kon oornag met genoeg veiligheid."
"Die Wimpy by die vulstasie het kragpunte vir selfone wat baie nuttig is en waardeer word terwyl ietsie geëet en gedrink word."
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."
"Vir ons halfpad Kaap toe en lekker om pad in twee dele te deel deur hier oor te slaap."
"Rustige Karoodorpie bied ideale wegbreek van woel, gejaag en stres van die moderne samelewing."
"Ons het die museum besoek, wat baie interessant was, en verskeie eetplekke besoek. Die kos was oral heerlik, die pryse billik en die dorp merkwaardig skoon en netjies."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."