Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"Unieke bestemming, veral tydens die jaarlikse klassieke fees. Hoogste aanbeveling!"
"Pragtige dorpie met mooi bome en vriendelike mense. Die musiekfees was weereens van die hoogste gehalte."
"Fantastiese bestemming vir 'n wegbreek om lekker te ontspan. Dorp is opvallend mooi skoon. Verskeie lekker plekke om by te eet en kuier. Dorp bied ook goeie verblyfopsies. Saterdagoggend-mark bly 'n treffer."
"Greyton is stil en baie plattelands. Die perde in die strate, markte op Woensdae en Saterdae en lieflike klein winkeltjies maak dit 'n great bestemming. Die restaurante is baie goed, veral Abbey Rose en 1854, maar hulle kan so bietjie duur wees. Die hele besoek was absoluut elke sent werd!"
"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."
"Vir die ouer geslag is Greyton 'n pragtige kunsdorpie. Die plantegroei, berge en oulikste eetplekkies het ons harte gesteel. Dis 'n kruising tussen Dullstroom en Clarens, net mooier. "
"Baie oulike en netjiese dorpie, maar een aand is genoeg tensy mens vir 'n troue hierheen reis. "
"Greyton is an awesome town - not too far from Cape Town but in its own little world. Pleasant streets, nice stores and a number of restaurant options."
"Pragtige, netjiese dorpie, met oulike restaurante en winkeltjies. 'n Mens voel rustig en kalm in die blomryke atmosfeer. "
"Greyton het nie 'n lelike, afgeskeepte hoekie nie. Ek weet nie hoe Greyton dit regkry nie, maar al die strate is ewe mooi. Alles werk net reg uit. Dit is net ver genoeg van die groot dorpe en stede af. Die berge om Greyton dra finaal by tot 'n besondere bekoring. "
"Daar is 'n verskeidenheid eetplekke en genoeg akkommodasie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Die karakter van die dorpie is uniek en word goed beheer deur die hoofstraat en geboue oor die algemeen eenvoudig, gerestoureer en mooi versorg. Lekker restaurant, doen dinge en interessante besighede. Heerlik om stappies en en buite dorp te doen."
"Greyton is a lovely, quaint little town. There is a well-stocked OK and two liquor stores. The Saturday market is amazing. Furthermore the town has a great restaurant offering. We absolutely enjoyed our visit. This town has so much character!"