Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
"Greyton is die mooiste dorpie in Wes-Kaap. 12 restaurante. Puik etes genuttig veral by Abby Rose. Heerlike plaaskos. Dorpie het vriendelikste mense. Baie staproetes en baie om te sien. Ons was daar met die "Classics for All" fees en dit was ongelooflike lekker ervaring. Dit sal 'n jaarlikse instelling wees op ons program nou dat ons afgetree is."
"Dis 'n ervaring om deur die straatjies te loop en in die winkeltjies te snuffel. Dis 'n baie netjiese dorpie. Baie fantastiese restaurante."
"Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek."
"Pragtige dorpie. Diens by die eetplekke is nie altyd van die vinnigste nie so vat dit rustig en kuier lekker."
"Greyton is a lovely town for a Saturday morning meander. We bought some smoothies, lemonade, glycerine soap, and just enjoyed the lovely atmosphere. Weather was hot though! "
"Greyton is 'n pragtige stil en rustige dorpie waar mens lui lui deur die strate kan wandel en lekker gesels, eet en kuier! "
"Greyton gee 'n blik in die 1860's met pragtige berge wat dit omring. 'n Moet vir alle Suid-Afrikaanse reisigers."
"'n Mens MOET die mark besoek op 'n Saterdagoggend - ons het dit ongelukkig gemis, maar sal volgende keer seker maak ons mis dit nie! Greyton is 'n heerlike plekkie om te gaan afsaal vir 'n naweek."
"Greyton is in 'n ongelooflike mooi vallei geleë en die dorp self is seker een van die mooiste wat ek nog gesien het. 'n Verskeidenheid van interessante eetplekke om van te kies en genoeg vir die hele familie om te doen."
"Probeer die Saterdag plaasmark en neem gerus ekstra kontant vir al die lekker eetgoed!"