Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 1092 reviews.
"Ons ken die dam en sy besienswaardighede na al die jare baie goed. Die Jasmynwinkel en wafelrestaurant sal altyd wenners bly."
"Ons het vantevore daar deur gegaan en plekke besoek, maar dit was nogal ’n ondervinding om oor die dam te gaan (was nog nie daaroor nie.) Die kabelkar op die berg op was ’n belewenis. Net jammer dat daar geen toegang tot die dam self is nie - of ons het dit nie gekry nie. Die onderstebo huis was baie oulik en so ook die kafee met die Parys-tema. Ons het ons verblyf baie geniet."
"Ons was ongelukkig uiters teleurgesteld in die toestand van die paaie - selfs die toegangspad na Club Cocomo was meer gate as teer. Om saans te ry, veral as dit reën, is 'n groot waagstuk. Die gate is uiters gevaarlik en op sekere plekke total onbegaanbaar. Vir hierdie mooi toeristedorp is dit 'n baie besliste negatief. Ons sal nie graag gou weer in Harties gaan kuier nie."
"Baie toeriste-aantreklikhede in en om Hartbeespoort om mens lekker besig te hou."
"Baie lekker dorp om vir 'n naweek te besoek, maar was geskok om die toestand van die dam te sien. Byna die helfte is toegegroei. Daar moet dringend iets aan gedoen word."
"The scenery was very beautiful on the first day, but the whole surface of the water was occupied by the water lotus the next day, which affected the beauty."
"Hartbeespoort is 'n droom self, ongelukkig vir hulle oord, veroorsaak die skoonheid van Hartbeespoort self dat geen mens soontoe sal wil gaan nie!"
"Ons was op ’n roadtrip en het Hartbeespoort ingesluit vir 2 dae. Het met die kabelkarretjie gery en die mooi uitsig beleef."
"Hartebeespoort is beautiful place. We'll still return there at another venue."
"Ideale ontsnapping van die stadsgewoel met genoeg aktiwiteite vir enige begroting."
"Dit is 'n plek wat vir alle mense geleentheid bied om hulle belangstellings en begeertes uit te leef. Dit is vir die Gautengse stedeling en Noord-Wes inwoners baie gerieflik geleë vir korter of langer uitstappies."