Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Wonderlike vakansiebestemming, groot nuwe mall oopgemaak. Ek weet nie van ander maande nie, maar die eerste week in Augustus was wonderlike weer en lekker warm. Het elke oggend by die see gaan sit en na die dolfyne en walvisse gekyk. Lekker om te sit en droom in so mooi uitsig."
"Ons almal was aangenaam verras met Sandbaai gewees. Alles wat ons gesoek het was beskikbaar en die natuurskoon is asemrowend."
"Love the fact that you get the best of both worlds, that is sea and mountain and so you don't have to choose. Nice and quiet and the beach was nice and empty as well. Love it, love it, love it. Thank you Hermanus, you were good to us! Just wished we had an extra day to spend. "
"Hermanus is my en die vrou se gunsteling wegbreekplek. Met 'n lewendige toeriste ingesteldheid en vriendelike besigheidseienaars is ons besoeke aan Hermanus altyd 'n lekkerte."
"Sentraal geleë. Mens kan in enige rigting 'n kort afstand ry en verskeie aktiwiteite doen."
"Die strandpaadjie met bordjies van vorige besoekers is baie interessant. Skulpe so groot soos my hand op die strand. Dit was die beste gesellige kuier ooit."
"Die dorp se strate is mooi skoon van rommel en die leegleêrs is bitter min indien enige. Al wat nie aangenaam was nie was die rommel langs die voetpaadjie langs die see Die mense was baie vriendelik in die winkels en op straat. "
"Dit is 'n stil strandgemeenskap. Naby alles en gerieflik om uit te ry indien jy ander nabygeleë plekke wil besoek."
"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Baie lekker omgewing. Die onluste was egter irriterend aangesien ons ompaaie (grondpaaie) moes ry om by die dorp in en uit te kom."
"Rustig en stil, maar naby die gewoel van Hermanus. Dagreise na verskeie plekke (Hemel-en-Aarde, Stanford, Gansbaai) binne maklike bereik."
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."