Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Die kombinasie van see, walvisse, berge, top-restaurante en wynplase sorg vir 'n baie spesiale ervaring. "
"Sou graag meer dinge wou doen, maar het gevind dat dit vir die gewone mens onbetaalbaar duur is, soos byvoorbeeld die bote wat uitgaan om walvisse te kyk."
"Die area is lekker sentraal en naby aan Hermanus en al die wynplase in die omgewing."
"Ons het Hermanus besoek om Walvisse te sien. Die jaar (2016) was minder walvisse as gewoonlik, maar ons was mal oor die klein restaurantjies en die uitkykpunte oor die see."
"Netjiese maar besige toeristedorp met baie ywerige parkeerbeamptes! Die wandelpaaie en uitsigpunte met banke is gerieflik en maak dit maklik om die verskillende baaie te besigtig."
"Hermanus is 'n pragtige dorpie met verskeie aktiwiteite. Baie staproetes al langs die kus. Beveel sterk aan om die "Boat-based whale watching" te doen saam met Southern Right Charters en kayaking saam met Walkerbay Adventures. Heerlike eetplekke in die dorp."
"Quiet and relaxing. We felt safe in the area and enjoyed shopping at the local stores and restaurants."
"Die dorp beskik oor alles wat nodig is. Die strate is effens nou in sekere areas. Verder lekker klimaat en sal weer daar gaan vakansie hou."
"Ek is histeries oor diere, en tot die diere was vriendelik en ek was hartseer om hulle agter te laat!"
"Hermanus is such a beautiful place, I originally come from Namibia and it reminded me so much of home. 'n Regte klein dorpie feel, which when you live in a big busy city like Cape Town makes you really appreciate a small town for a break away."
"Hermanus is 'n baie besonderse plek. Ek het so baie dinge gesien en gedoen in 'n naweek se tyd en dit was 'n belewenis. Almal is vriendelik. Net om uit te kyk oor die see, kalmeer mens sommer en dan besef mens eintlik hoe mooi die natuur is."
"Beslis die moeite werd en as deel van my "Bucket list" was dit 'n onvergeetlike ervaring."
"Lovely area. Beautiful walk along the beach path. Beautiful sunset. Absolutely just gorgeous!"