Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Vriendelike mense, oulike dorpie, mooi plekke en 'n moet as 'n mens Kaap toe gaan."
"Dit is skoon met vriendlike mense. Goeie omgewing vir rustige vakansie hou."
"Hermanus was nog altyd ons nommer een bestemming in die Wes-Kaap. Dit is 'n lieflike plek. Ons sou graag daar wou aftree."
"Sandbaai voel soos 'n regte vakansie dorpie en ons het glad nie onveilig gevoel om teen skemer by die see te stap nie. Ons seuntjie kon ook lekker met sy fietsie in die straat ry en daar was baie drawwers en mense wat stap."
"Hermanus is 'n pragtige en lieflike dorp. Ek en my man het 'n tydjie by die see spandeer en dit terdeë geniet. Het lieflike foto's geneem met die agtergrond van die see in sig."
"Ons was aangenaam verras hoe Sandbaai uitgebrei het. Die dorp is netjies en sekuriteit sigbaar. 'n Aanwins is die voetpad om seelangs te stap. Sandbaai is 'n goeie vertrekpunt na omliggende strande."
"Hermanus is 'n baie nice plek en ons kuier gereeld daar. Niks fout met die dorp en dinge om te doen nie."
"Hermanus in net meer as 'n uur uit Kaapstad uit en dis 'n lekker rit tot daar. Heerlike vakansie/ontspannende atmosfeer en al die nodige winkels is daar om dit gerieflik te maak. "
"Fantasties buite seisoen. Kan besig raak binne seisoen. Vakansie-paradys. So baie om te doen!"