Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
"Dullstroom is so 'n amazing plekkie om bietjie weg te kom. Pragtige wêreld en lekker weer as jy van koue hou."
"Baie eetplekke en ander interessante winkeltjies. Alles binne loopafstand. Baie gewilde besoekplek. Ideale omgewing vir forel hengel."
"Heerlike wegbreekplekkie uit die stad. Baie mooi natuurskoon en oulike winkeltjies en restaurante om te besoek. Kan afskakel en heerlik ontspan."
"Lekker plek uit die stad en baie shops en eetplekke. Gaan na die Birds of Prey, dit is a must. Dullstroom is ’n lekker plek en lekker weer om te ontspan."
"Dit is nie ver van die gejaagde stadslewe nie. En die pragtigste dorp. Met mooi mense."
"Dit is verblywend om te sien dat paar geboue wat opgerig is regte moderne is maar nie afbreek aan die dorp nie. Ons geniet Dullstroom altyd."
"You need an off-road vehicle to travel the streets in town. Very limited on dinner options."
"Die karwagte is heeltemal oorbodig. Ek verstaan dat enige dorp sy "crime" het, maar die wagte self 'n bietjie te veel."
"Ons merk op dat Dullstroom heelwat verandering ondergaan het die afgelope tyd. Nuwe geboue is opgerig en van die sypaadjies is opgegradeer."
"Die gehalte van die winkeltjies het vir my tot 'n mate agteruit gegaan in vergelyking met 'n paar jaar gelede. Clarens sit vir Dullstroom by vêrre ore aan wat dit aanbetref. Wat restaurante aanbetref was ons aangenaam verras. Ons het vier verskillende restaurante besoek, en die gehalte van die kos was puik, en die pryse was baie billik!"
"Pragtig! Besoek gerus die Birds of Prey naby Dullstroom. Dit was 'n baie leersame en genotvolle uitstappie."