Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1509 reviews.
"Hou net die kaart ten alle tye by jou, 'n mens kan lekker verdwaal in die aand a.g.v gebrek aan straatligte en grondpaadjies wat dieselfde lyk."
"Mis al die ou winkels. Te veel beeldjies, ens. Restaurante en pubs was lekker. Sekere plekke baie duur."
"Bird of Prey rehabilitasie sentrum is 'n moet om te besoek. Die dorpie is baie stil tydens die week en na 5 kry mens skaars 'n restaurant oop."
"Baie lekker, maar die karwagte is opdringerig en daar is mense wat geld bedel."
"Dullstroom het sy eie bekoring en 'n hoogtepunt vir ons was 'n besoek aan die Birds of Prey Rehabilitasie sentrum. Om uit te eet is redelik bekostigbaar in vergelyking met pryse in die stad, maar ons het gevind dat die pryse van handelsitems onnodig duur is en gefokus is op die oorsese mark. Soortgelyke produkte kan teen laer pryse elders aangekoop word."
"Oulikste dorp met interessante mense, heerlike eetplekke, beste koffie by "Beans about Coffee" en gawe mense."
"Die winkels wat leeg staan, bekommer my. Hoop nie die plek loop dieselfde paadjie as Pelgrims nie."
"Dullstroom is such a wonderful town, there is so much to see and do and everyone is so hospitable, must do's for anyone visiting or just driving through, visit the Bird Sanctuary on the edge of town travelling towards Belfast, Wild about Whiskey, wow they really know their stuff, and of course pop into Udderlicious for an array of Milkshakes, 40 plus different flavors, choosing a flavor is the most difficult part. Loved Dullstroom, will come back and visit again in the near future."
"Ek en my seun is van Kaapstad af, ons was in Dullstroom vir 'n troue. Alhoewel ons baie lekker gekuier het vir die 5 dae, was dit vreeslik koud gewees, maar die meeste van die eet plekkies het binnehuise kaggels of verwarmers. Die mense in die dorpie self is baie vriendelik en behulpsaam. Die lug is baie vars en skoon en dit is 'n ideale plekkie om uit die gejaag van die stad te kom."