Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"As jy nog nooit tevore op Prins Albert was nie, doen jouself die guns en gaan. Die dorp self is 'n skatkis van ontdekkings en die omgewing bied baie dinge om te sien en doen."
"Ek dink die dam gee goeie geleentheid vir gaste wat werklik net rustig wil wees. Weinig aanbiedinge rondom die dam om te geniet. "
"Dis n juweel van Suid-Afrika waar Ingrid Schoffman en ander ongelooflik baie werk insit om die dorp te laat werk. Suid-Afrikaners behoort dit te besoek om te sien watter skatte ons het. Ons was verras. "
"Hopetown is halfpad kaap toe. As dit nie daarvoor was nie was Hopetown hopeless!"
"Such a pity that the area is not really well maintained - parts look shabby."
"Dit is ons sesde besoek aan Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste nie. Hier word mens weer mens."
"Locals is baie vriendelik en behulpsaam, 'n mens voel sommer tuis! 'n Salige tyd-maak-nie-saak atmosfeer. Sal beslis weer gaan."
"As kind het ons een keer per jaar hierdeur gery. My kind was gaande oor die stil strate en my stadsvriende verstom. Die ou kerke, geboue en rustige lewe is die moeite werd om te bewonder en die skaapnek-pizza by JC's Pub die beste."