Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Baie mooi gedurende hierdie tyd van die jaar met al die blomme, maar ek dink nie dat dit vir iemand is wat nie belangstel in die natuur nie. Die grondpaaie is net plek-plek sleg, maar verder in 'n baie goeie toestand."
"Pragtige alternatiewe roete van Kaapstad na Johannesburg. Wen Colesberg loshande. Die Groot Karoo is net pragtig."
" Ligging is sentraal tussen Loxton en Richmond, asook Klerksdorp en Beaufort-Wes,"
"Baie oulike en karaktervolle dorpie wat ietwat van 'n herlewing probeer bewerkstellig. "
"Loxton lyk baie interessant en het definitief tyd nodig om besigtig te word! Ek was bekommerd oor die grondpad van Beaufort-Wes na Loxton, maar dit is eintlik heel gangbaar met 'n gewone sedan. Daar is dele wat dit effens klipperig is, maar dis gelukkig kort stukke. En daar is selfs kort gedeeltes wat geteer is."
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."
"Dis nie spesiaal nie, jy kom vir die rustigheid van die Karoo."
"Pragtige dorpie! Dis beslis die moeite werd om bietjie die dorp te verken."
"Beplan eerder vir 'n dag meer as minder. Die dorpie het 'n aangename en positiewe indruk gemaak. Soveel om te beleef en te sien. Die Ghost Walk is 'n moet. "
"Unieke karakters in 'n baie klein gemeenskappie. Almal probeer hulle bes en is besonder vriendelik. Interessante boekwinkel met 'n kaasmaker eienaar. Die Uilhuis was morbied, maar interessant, die padstal met al die diere, plaasimplemente en heerlike tradisionele kos was fantasties, die plaaslike kroeg was verfrissend met Boetie Bester as kroegman. Ons het te min tyd gehad. Sal vir seker teruggaan. 'n Nostalgiese ervaring. "