Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Oulike Karoo-dorpie met 'n lekker rustige atmosfeer waar 'n mens lekker kan ontspan."
"Gaan stap saam met Ailsa (die Storyweaver). Buiten haar kennis wat sy oordra, het sy die wonderlikste sin vir humor en mens is sommer lief vir haar. Sonder haar vertellings sou Prince Albert nie dieselfde wees nie. Die Gay's Dairy was om die minste te sê 'n mislukking. Mik verby. Hoop hulle sien hierdie kommentaar en doen iets daaraan, want hulle kaas is regtig lekker, maar die res is moeilik om eers as 'n toeriste-aantreklikheid genoem te word!"
"Daar is nie baie om te doen nie, maar om rustig te wees en ontspan is dit 'n baie goeie en mooi plek. "
"Dit kan koud raak in die winter, maar daar is baie mooi paaie as mens bietjie van die standaard roetes afklim."
"Word telkens verras, maar ek dink steeds daar is baie potensiaal om die toerisme bestemming te ontwikkel."
"Ek het my hart verloor op Merweville. Ons is oral so vriendelik ontvang. Dit voel of 'n mens deel van 'n familie is. Ek sal definitief weer gaan kuier."
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorpie met heerlike restaurante wat ek enige tyd sal aanbeveel."
"Pragtige, skoon dorp met vriendelike mense. Lig gaste vooraf in dat dorp nie oor 'n slaghuis beskik nie."
"Colesberg is voorwaar 'n baie interessante plek met die meeste gastehuise wat ons nog op een drop teëgekom het. "
"As jy opsoek is na geskiedenis, natuur en lekker, oulike inkopies by deli’s en antieke ware is hierdie die plek. Die restaurante kan kompeteer met dié in die stad. Maak gerus 'n draai by die brouery!"
"Ek sien uit om weer so 'n blaaskansie te vat in Willowmore, want die atmosfeer is wat 'n gespanne sakeman benodig."
"Buite seisoen was die diens nie op standaard nie en kon nêrens met 'n kaart betaal nie."