Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Unfair to judge, they try their best. Every town is beset with litter and poverty and poor municipal services. I think there is a rich history that could be made available and shared."
"Baie slaggate, wees maar versigtig wanneer jy deur die hoofstraat ry. Maar die mense is vriendelik. Ons het die heerlikste eisbein by die 4sheep restaurant geëet. Ook lekker Karoolam by Piet Chops gekoop en wildsvleis by Indaba gekry. Beide slaghuise se diens was baie goed. Dankie aan Anna by Piet Chops en Jason by Indaba Slaghuis. Julle vriendelikheid en goeie diens sal ons weer terug laat kom."
"Het al baie daar deurgereis. Dink net die 4 sheep restaurant by sirkel is overpriced vir wat jy kry, glad nie so wonderlik soos dit uitgemaak word nie."
"Dit is 'n rustige, mooi ou dorpie wat kan doen met 'n inspuiting deur meer toeriste."
"Die restaurant Hallo You is aanbeveel deur Julia en ons het nog nooit sulke spandabelrige pryse gesien nie. Ek dink Graaff-Reinet se restaurante is vir seker peperduur en net op oorsese toeriste gemik. Hulle moet in ag neem dat 'n middelklas-reisiger van Suid-Afrika ook graag historiese dorpe wil besoek."
"Britstown is baie klein. Ons kon gelukkig brood en tamaties gekoop kry in 'n kafee'tjie."
"Baie knus eetplekke om te ontdek! Gerieflike ligging vir reisigers na en van talle bestemmings."
"Dis uiteraard baie afgeleë, maar nietemin vol bekoring en met 'n interessante plek of drie."
"Pragtige, historiese dorpie met ʼn rustige atmosfeer. Weet net, daar is letterlik niks. Jy gaan soontoe om te rus."
"Het by Plattelander gaan eet, net een kelner aan diens. Die kos wat ons geëet het, was daar bietjie corners ge-cut met produkte."
"Seker nou nie 'n plek waar ek vir dae sal bly nie, maar as 'n sentrale oornagplek as mens die meer afgeleë roetes deur die Karoo ry, is dit baie goed geleë."
"Dit is klein en die mense is baie dronk op straat op 'n Saterdagaand. Hulle kan aggresief wees en baie luidrugtig."
"A wonderful town to visit. Clean and friendly with many natural and historical attractions to visit. A good selection of restaurants."