Verified Reviews
Keurboomstrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Keurboomstrand
Rated 4.8 out of 5 based on 127 reviews.
"Ons het in die winter gegaan en dit is vanselfsprekend dan kouer en stiller. Dit het ons gepas, want ons wou wegkom van die gejaag en druk program. Die karavaanpark is gesluit vir die winter en so ook die restaurant. Mens moet onthou dat jy sal moet ry om iewers te gaan eet of voorrade kry. In vakansietye gaan hierdie resensie nie van toepassing wees nie!"
"Keurboomstrand is 'n baie skoon strand. Daar is ook 'n lekker resturant. Ons kan hulle pizza aanbeveel. Het ook al ander kos daar geëet wat baie lekker is."
"Ons was te kort daar om 'n behoorlike mening te gee, maar dit wat ons gesien het, was so dat 'n mens weer wil gaan."
"Keurboomstrand is ongelooflik mooi! Dis stil, rustig en veilig. Ek wens ons kon langer bly. Ons sal dit vir enige iemand aanbeveel!"
"Parkering is 'n groot problem en as jy daar wil eet in hoog seisoen moet jy vroeër in die middag gaan anders sal jy teleurgestel wees met die lang wagtydperk."
"Baie baie mooi. rustige strand met die mooiste sonsondergange en pragtige wandelpaaie."
"Dit is 'n baie mooi area in ons land. Dit is beslis die moeite werd om 'n bietjie daar rond te kyk en dinge te ervaar."
"Keurboomstrand is werklik nog 'n stukkie ongerepte paradys. Die natuur is beeldskoon hier en perfek vir enige natuurliefhebber of iemand wat mal is oor swem in die see. Die pragmooi van Keurbooms is dat dit nie veel verder kan uitbrei nie en oor die algemeen nie te besig is nie. So vir enige iemand wat 'n asemhaalplekkie soek is dit 'n fees."
"Dit is 'n rustige dorpie wat netjies gehou word deur sy trotse mense. Hou dit so asseblief."
"Soveel om te sien en besigtig dan praat ek nie eers van die ongelooflike lekker restaurante nie! Enrico's restaurant is 'n moet besoek, van pizza tot vis is uit die boonste rakke!"