Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Daar moet aandag gegee word aan die standaard van die toeristebedryf in Oudtshoorn, want ons sien jaar na jaar hoe dit agteruit gaan. Gedurende vakansietye behoort daar verlengde besigheidsure te wees veral by die eetplekke en dit kan nie Sondae toe wees nie. "
"Gaan besoek die Kango-grotte, doen die avontuurtoer en eet 'n volstruiseier vir ontbyt en kyk die sonsondergang in die swembad met 'n duur bottel wyn."
"Oudtshoorn is worth travelling to with a family, friends or partner. It is filled with plenty of activities for the fit and unfit. I especially enjoyed the camel rides, the friendly people of the area and the fantastic mountain views from the road, especially the Swartberg Pass!"
"Heerlik uitgeëet, "Black Swan" en "Nostalgies". Goeie diens by Surval-olyfplaas en heerlike produkte gekoop."
"Tipiese Karoodorpie waar daar nie veel gebeur nie. Dit is Ideaal vir 'n rustige wegbreek en die verbreking van jou dieet met die puik gebak en konfyte in die interessante winkeltjies. Pragtige omgewing met Meiringspoort as die hoogtepunt."
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "
"Dis jammer dat die meeste plekke toe is oor 'n naweek, maar andersins is dit 'n baie goeie bestemming"
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Daar is rerig nie veel om te doen behalwe die grotte en volstruise nie..."
"Uitstekend. Ek het daar grootgeword en dis lekker om weer daar te kuier. Uitstekende ligging. Die dorp se strate is net vuil en daar is slaggate in die teerpaaie - dit kort opknapping."
"Great to do the Gamkaskloof on motorcycle if you are into that sort of thing. Lots of other things to do if you are interested in animal sightseeing, etc"
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "
"Mooiste, skoonste, vriendelike dorpie in die Klein Karoo. Uitstekende verblyfopsies, op plase ook. Pragtige omgewing, goeie eetplekke, warm bronne, gerieflike Spar. "
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Pragtige dorp! Oulike winkels en die nuwe Zipline by die Kango-grotte is 'n moet om te probeer. Heerlik op die stoep gesit en 'n drankie geniet by die restaurant waar Zipline eindig! Vriendelike personeel!"