Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"Knysna het baie om te doen, net in die dorp self. Om nie te praat van al die lekker padstalletjies en ander aktiwiteite in die omgewing nie. Werklik 'n streek in Suid-Afrika hoogs te aanbeveel vir 'n vakansiebestemming."
"So baie plekkies om te ondersoek en die gasheer het ook plekkies aanbeveel. Was wonderlik om Knysna weer te besoek."
"Verskriklike mooi en veilige plek. Gaan regtig daaraan dink om dit 'n permanente blyplek te maak."
"Knysna is die dorp waar ek graag my huisie by die see wil hê. Mooi dorp en baie om te doen."
"Buffelsbaai is defnitief 'n besoek werd - die strand is pragtig vir swem, stap ensovoorts. Stop gerus by die plaaswinkeltjie net na die treinbrug vir heerlike hoenderpasteie!"
"Ongelooflike bergfietsry-roetes en baie mooi natuurskoon."
"Knysna is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis wat beskerm word deur die inwoners. Of mens na Theseneiland toe gaan en oor die meer uitkyk, die koppe uitry of na 'n oulike koffiewinkel in die dorp gaan, elke gedeelte het sy eie karakter, sy eie mooi en is uniek in sy soort."
"Everything in and around Knysna was very neat, tidy and so scenic except for the area around the taxi rank in the town centre which was filthy."
"Knysna is n plekkie wat diep binne mens se hart kruip, Mens tref almeer Afrikaanssprekende mense daaraan wat aftree en reeds daar woon. Baie plekke in en om Knysna om te gaan sien. Ons is baie lief vir daai kant om vakansie te gaan hou gereeld ten minste 2 keer per jaar omgewing vanaf Mosselbaai tot by Plett."
"Ons is lief vir Knysna, maar was lanklaas daar. Tans voel dit of die middedorp bietjie van sy glans en karakter verloor het en dele voel effens onveilig om te voet aan te pak. Hopelik is dit 'n tydelike terugslag."
"Dit het meeste van die tyd gereën. Sewe reën dae van die 11 dae vakansie, weer is baie onvoorspelbaar!"
"Nogal besig van laaste keer wat ons daar was, maar nog steeds n mooi dorp. Thesen Island en Waterfront is baie mooi en 'n lekker uitstappie vir gaste."
"I felt like I was no longer in South Africa. What a great experience!"