Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"An exceptionally safe and clean area, it was like holidaying in some of the best destinations in Europe."
"Die skilderagtige dorp bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite vir 'n toeris, van bootvaarte op die lagune tot wandelinge in die inheemse woude. Daarby spog dit met 'n wye verskeidenheid restaurante wat by die voorstes in die land kan kers vashou. Dit is die ideale bestemming vir Kapenaars op soek na 'n vakansieplek waar hulle soos in hul eie stad deur natuurskoon omring word."
"Dis ouer, middelklas gebied in Knysna. Meeste huise kyk na die suide. Pragtige uitsig oor die lagoon, maar koud in die winter. "
"Ons hou nooit vakansie in Knysna nie, maar breek gereeld vir kort tydjies daarheen. Mal oor die area."
"Knysna is 'n pragtige vakansiebestemming. Ongelukkig is dit maar 'n duur vakansieplek. Etes in die restaurante is van goeie gehalte en ons het redelik veilig gevoel in die tyd wat ons daar was. Parkeerplek is maar skaars in die dorp, selfs langs die strate wat baie smal is. Verder is dit 'n pragtige plek. "
"Meeste winkels en inkopiesentrums is binne stapafstand, lekker mense met 'n lekker atmosfeer!"
"We regularly spend a few days a year in Knysna. It’s part of our holiday of choice."
"Veilige, rustige omgewing! Pragtige uitkyk oor die meer en die mooiste sonsondergange!"