Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1697 reviews.
"Sabie Info was baie behulpsaam en het ons ingelig oor al die plekke met 'n padkaart."
"Nog altyd ons spesiale dorpie. Jy is naby watervalle, piekniekplekke, eetplekke soos die Trein en die Wild Fig resturante het uitstekende kos bedien."
"Daar is baie om te sien, pragtige natuurtonele, wandelroetes en watervalle en binne bereik van Graskop asook Nelspruit, sodat dit as sentrale verblyfplek kan dien om die roete te geniet."
"Pragtige dorp, oulike eetplekke en winkels. Ongelukkig baie slaggate in al die strate."
"Sentraal geleë vir omliggende besienswaardighede, baie mooi omgewing."
"Graskop is goed geleë as jy die laeveld wil besoek met baie gerieflik restaurante, baie naby aan die "Gods window" / panorame roete."
"Dorpie self is maar vervalle maar die besienswaardighede is die moeite werd."
"Daar was wel baie wateronderbrekings, maar dit het ons nie verhinder om die kort vakansie te geniet nie."
"'n Baie interessante dorpie met allerhande interessante winkels en eetplekke. Pragtige natuurskoon. Baie interessante besienswaardighede in die omgewing."
"Sabie is sentraal geleë met 'n verskeidenheid aktiwiteite binne 'n radius van 'n halfuur tot uur se ry. Mooi omgewing met talle watervalle en uitkykpunte. Wildtuinhek naby genoeg vir 'n dag-uitstappie. Avontuur-aktiwiteite soos 'river rafting'; perdry, quadbikes en vele meer. Sudwala-grotte is beslis die moeite werd om te besoek. Jy kan elke dag in in ander rigting invaar!"
"Ons het die watervalle wat nie op die hoofroetes is nie die meeste geniet. Die Mac-Mac poele en waterval was 'n teleurstelling. Die inligtingskantoor naby Spar het nie bygedra tot ons kennis nie, want die kantoor is of toe of die brosjures is uit druk. Die museum was interessant, maar kan verbeter met nuwe toevoegings. Die dorp kan oorweeg om pakkette wat toegang bied tot verskeie items te verkoop as 'n spesiale aanbieding, dan hoef mens nie by elke waterval te betaal nie. "
"As jy rustigheid soek is die dorpie ideaal. Nie groot winkelsentrums ens nie, wat 'n bonus! En is sentraal geleë na aan al die besienswaardighede in die provinsie."
"Sabie is calm and its beautiful mountains are breathtaking. I still can't get over its beauty. The atmosphere is way better than Johannesburg, it is priceless. Lone Falls was cherries on top. I loved my stay in Ligna Lodge Sabie. "