Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Fantastiese klein kusdorpie, maar hulle restaurante is onaangenaam en peperduur! Cornubia-winkelsentrum 8 km daarvandaan is puik met alles en nog watin terme van winkels, restaurante en wegneemetes. Ek gaan definitief weer na Mdloti. Lieflike strande geskik vir ouers en kinders, oral lekker plaspoele en swemplek."
"Die strande by Shelly Beach is beter en die eetplekke in Ramsgate was beslis baie beter met diens en kos."
"Margate self het te gekommersialiseerd geraak. Besig en lyk afgerem en nie meer so skoon nie. Die plekkies soos Ramsgate is egter spesiaal en nie ver van Margate af nie."
"Uvongo se strand was vreeslik vuil. Ons het as gesin bietjie verder elke dag gery en na Ramsgate of Southbroom se strande toe gegaan. Dis baie meer kindervriendelik en vir seker baie skooner!"
"Nie ’n betonstad nie. Het heerlik uitgerus en dit geniet voor ons see toe gegaan het. Om heel dag vir die see te kyk en te swem met geen geraas of te veel mense om jou nie."
"Die feit dat geen alkohol op die swemstrand toegelaat was nie, was ’n groot bonus. Dit was die eerste keer dat polisie die wet toegepas het en het so ’n paar onwelkome karakters weggehou."
"Onthou om die getye dop te hou as jy in die rock pools wil gaan snorkel. Vir die beste pizza probeer Lighthouse, en vir die beste seekos maak ’n draai by Mseni."
"Ek dink Port Edward kort aandag. Die paaie is moeg en meeste van die geboue kort ook verbeteringe. Dit kan jy sien deur net van buite af te kyk. Ek kan ook onthou dat van die strande se asblikke oorvol was en mense begin vullis rondgooi. Daar was niemand wat instandhouding gedoen het nie. Ek het ook geen buitestort op die strande gesien wat werk nie. So, sand af spoel was nie ’n opsie nie. Gelukkig het Anchor Ridge ’n klein swembadjie gehad."
"Southbroom is ons gunsteling vakansieplek en ons gaan al vir baie jare soontoe omdat dit uit die hoofstroom is, veilig, met 'n rustige atmosfeer. Die seewater is lekker warm en die strande veilig."
"Love Amanzimtoti. Everything is in walking distance. Will definitely come back. Will use TravelGround any day."
"Lieflike strand, skoon en netjies, veilig vir kinders, daar was surf-lesse aan terwyl ons daar was wat so fantasties was, lekker atmosfeer en vriendelike mense. Was besig, maar nie te besig nie so was tops omdat ons nog steeds social distancing kon handhaaf en nog steeds met almal op die strand vriendelike geselsies kon hê. Definitief een van die beste waar ons nog gaan vakansie hou het. "