Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Winkelspruit self is 'n klein maar rustige area met skoon strande en nie 'n toeloop van mense nie so jy kan rustig 'n dag by die strand geniet met jou gesin en kinders sonder om betrap te word deur mense wat die strand gebruik. Winkelsentrums is naby en ander sentrums en aktiwiteite is nie te ver nie, met 'n skaarse 10 min weg is jy by Galleria Mall in Amanzimtoti. Winkelspruit is definitief 'n lekker vakansieplek vir jou en jou gesin."
"Estcourt self bied nie veel behalwe `n geleentheid om die Wagensdriftdam van nader te beskou en indien jy nie bang is vir slegte paaie nie ook `n geleentheid om Gaints Castle te besoek."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."
"Die ligging is vir my goed en maklik bereikbaar, en daar is oorgenoeg eetplekke. "
"We were out of season but I would hate to have to find parking for the car in peak season. Restaurant eating and liquor prices are approaching rip-off levels. Gateway shopping area is a nightmare for visitors! Local drivers do not help the nerves. Use a taxi - if you dare."
"Ek sal dit baie sterk aanbeveel vir enigeen se volgende vakansie of selfs net om weg teb reek sontoe. Dit is baie pragtig daar."
"Margate sal beslis sy polisie teenwoordigheid op die strande en in die strate moet opskerp! Meer asblikke vir papiere en bottels moet beskikbaar gestel word!"
"Howick het my beïndruk. Daar is genoeg oulike winkeltjies en eetplekke om seker te maak dat ek weer daar sal oorbly as ons weer Midlands besoek. "
"Die straatname is nie baie dudelik gemerk nie maar tog het ons oor die weg gekom!"
"Was self nog nie daar nie, maar moet seker baie aangenaam wees. Dink pryse is deesdae nogal hoog."
"Goeie ligging vir enige iemand wat ICC of Botaniese tuin wil besoek. Rustige buurt en huislike atmosfeer."
"Ons was verbaas oor die rustige veilige omgewing waar almal soos familie kuier, daar was 'n hele lang straat waar al die bure 'n straatbraai gehou het en vreeslik vriendelik gegroet het toe ons verkeerd gery het."
"Strande is skoon en daar's orals bankies waar mens kan sit en die uitsig geniet. Parkeerplek by die strande is ook baie veilig."