Verified Reviews
Langebaan
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Langebaan
Rated 4.6 out of 5 based on 1385 reviews.
"Die strand is nie juis mooi nie. Al aantrekkingskrag is die Weskus Nasionale Park. Daar bly nou al te veel mense. Daar is te veel huise. Natuur is verwoes."
"Met of sonder blomme maak die diversiteit van die natuur, lieflike wandelroetes en paaie dit die moeite werd. Pak jou bergfiets in."
"Langebaan is verskriklik mooi. Sal nie graag binne seisoen daar wil wees nie. Dis die moeite werd om daar oor te bly."
"Langebaan is die beste plek vir jou en familie om te onspan, en selfs die mooiste see-uitsig. Jy is naby die winkelsentrum ook."
"Mooi dorpie met baie lekker eetplekke. Die mooiste uitsigte, groot bederf as 'n groep of romantiese wegbreek. Ons het lief geraak vir hierdie dorp."
"Langebaan brei geweldig uit en die dorp raak besig, wat goed is vir die ekonomie."
"Baie vriendelik, maar min plekke wat dierevriendelik is vir jou hondekind. Was verbied om te parkeer met hond in kar by Casino en Mykonos-parkeerarea na uitkloktyd. Kon nie ons hondekind in die kar los terwyl ons iets wou eet nie. En was reeds uitgeklok om haar by die Cottage te los. Alhoewel sy gewoond is om in die kar te wag (met kos, water en bederfies) wanneer ons by 'n winkel/eetplek moet stop. Baie slegte diens gekry. Ook verbied om kar êrens anders te parkeer en in te stap om ontbyt te kry voor ons vertrek het huistoe."