Verified Reviews
Leeupoort Vakansiedorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rated 4.6 out of 5 based on 241 reviews.
"Leeupoort Vakansiedorp is die plek om weg te breek van die stad se geraas."
"Dis nie elke dag wat wilde diere uit jou hand uit eet nie! Leeupoort Vakansiedorp is lekker om te beleef!"
"Geriewe sluit in slaghuis, winkel, bottelstoor, restaurant, swembad en kroeg. Is baie gerieflik om alles te hê en al die geriewe is goed instand gehou."
"Leeupoort oor die algemeeen is 'n wonderlike, mooi plek. Alles is goed instand gehou en baie mooi skoon."
"Dit is baie sentraal geleë en daar is 'n winkel wat noodsaaklikhede verkoop wat dit baie gerieflik maak."
"Very safe and we enjoyed the animals coming to the house. People at the entrance gate are very friendly and helpful. "
"Jammer oor net 1 restaurant op die terrein waarvan die diens baie stadig was en daar's glad nie 'n nie-rook area nie wat dit moeilik maak vir mense wat dit sou verkies. Die kos was maar gemiddeld en ook nie vreeslik baie om van te kies nie. Ons het oor die algemeen ook die gevoel gekry dat die mense in restaurant, winkel en slaghuis nie vreeslik vriendelik is nie. Die winkel het net die basiese benodighede. Vat dus genoeg kos saam. Leeupoort het baie diere, ons het veral die vlakvarkkleintjies wat gereeld kom hallo sê het vreeslik geniet. As jy nie wil rondry nie en net by die huis wil kuier sal ek Leeupoort aanbeveel."
"Vriendelike toeriste, sowel as permanente inwoners. Diere fantasties. Ongerepte, mooi natuur."
"Dit sal welkom wees as Winkeltjie bietjie meer nodige voorraad kan aanhou, veral gedurende die Kerstyd wanneer meer benodig kan word."
"We will consider Leeupoort Vakansiedorp again for a breakaway. They can maybe consider some more activities for teenagers, as there was only jukskei for them to play."
"Dit is 'n stukkie paradys. Vriendelike mense wat almal groet, nie iets waaraan ons in die stad gewoond is nie. Ons beplan al klaar om weer tyd tussen die diere te gaan spandeer. As jy 'n veldmens is, is dit die plek om siel en liggaam te gaan verfris."
"Lekker kuierplek en om weg te kan breek na die bos en die diere is so die prys werd gewees. Beveel aan vir almal wat diere wil sien, dit was fantasties by Leeupoort. Onbeskryflike oomblikke, sal julle gou weer sien."
"Ek is absoluut mal oor Leeupoort vakansiedorp. Ek was al 2 keer daar in die afgelope 2 maande en sal beslis nog menigte male terug keer."
"Die musiekfees se opkoms was 'n bietjie minder, 'n eenmalige fees sal beter wees. Baie lekker plek om te besoek en gasvrye mense."
"Tydens 'n wegbreek na die bos is alles daar wat jy wil hê op die perseel."
"A must see for all, friendly residents and a sense of community like no other. Well kept and mesmerising, truly a slice of heaven."
"Totally love Leeupoort Vakansiedorp. We visit at least 5 times a year."
"Very quiet and secluded, away fom city, however very little access to shopping conveniences, so you must ensure you take everything you want with as there is a basic shop and butcher but it's very limited."