Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Clarens was alles wat ons van 'n kunsdorp verwag het en meer. Net jammer dat die restaurante waar ons was nie veel na wense was nie. Die pryse van basiese lewensmiddels in die enkele supermark was ook buitensporig hoog. "
"It was our first time in Clarens, and I can't believe what I have been missing all along! Clarens is such a beautiful little town, surrounded by such majestic scenery! Absolutely breathtaking!"
"Die dorp se mense is nie uiters vriendelik nie en die dorp is verwaarloos. Die omliggende gebiede is baie mooi en histories baie ryk."
"It was a shock to find out that the shops close at 16:00 in December, but it shows you "tomorrow is another day" and money is not everything. People and family are more important!"
"Clarens is 'n charismatiese dorpie wat vakansieaktiwiteiete bied vir elke denkbare voorkeur."
"Clarens is 'n ideale bestemming met baie om te doen - van die vele winkeltjies en restaurante om die plein en staproetes tot die aksiebelaaide aktiwiteite soos "white water rafting", visvang en bergfietsry. Dis die perfekte keuse vir 'n eerste oorslaapplek vir jou toer na die Drakensberg of Lesotho."
"Die restaurante maak te vroeg toe in die aande. Definitief die plek om te wees as jy net wil rus in die natuur."
"Clarens is pragtig en rustig. Daar is lekker eetplekkies en oulike winkeltjies. Golden Gate is om die draai vir 'n pragtige Sondagmiddag-rit."
"Clarens was sprokiesmooi en voorwaar die moeite werd om te besoek - pragtige omgewing."