Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Die paaie soontoe is ongelukkig meestal in baie swak toestand wat daartoe kan lei dat mense nie daarheen sal reis."
"Clarens is 'n pragtige sklideragtige dorpie met meer as wat enige toeris kan verwag. Aangename mense om mee te deel. Dis egter baie hartseer/ontstellend dat toeriste gedurig gepla word deur kinders wat die strate vol is en pla. Die plaaslike munisipaliteit kan hulle skaam vir die toestand waarin die dorp se strate is. Die teerstrate is sleg gelap, en die die grondstrate getuig van geen onderhoud van watter aard ook al nie."
"Indien jy van 'n stiller toeriste bestemming hou, besoek Clarens in die middel van die week. Daar is steeds genoeg eetplekke oop om elke ete by 'n ander een te geniet."
"Wees versigtig om hout te koop by straatverkopers. Ons het drie sakke nat hout gekoop en moes einde ten laaste opgee en vleis in die oond gaarmaak. Straatverkoper was die volgende dag skoonveld!"
"Vir kunsmense, natuurmense, koffiemense en vele ander, is dié skat van 'n dorpie een van die lekkerste plekkies om by uit te kom."
"Pragtige natuur en atmosfeer. Sommige stalletjies ook maar net goedkoop gemors. Bied nie baie vir kinders nie."
"Meeste strate kort dringend aandag om slaggate te herstel, dit blyk ’n groot probleem in die hele Oos Vrystaat te wees. Pragtige ou geboue wat in ’n sekere mate nog onderhou word, goed om te sien alles word nie net verniel nie. Strate was skoon en mense vriendelik."
"Special little town - one of the most beautiful parts of nature in South Africa."
"Beautiful place and surrounding areas with lots of activities possible. Golden Gate Highland National Park is only approximately 20 km away with a soon to open Dinosaur exhibition centre."
"Eerste keer in Clarens - fantastiese plek! Oulike winkeltjies, baie eetplekke, vriendelike mense, skoon en lekker wandelplekke! Baie ingestel op mense wat hul honde saambring! Honde kry by elke eetplek 'n bak water en selfs 'n beskuitjie! Clarens sal ons weer sien!"
"Herfs op sy mooiste. Was nooit gedurende besoek gekonfronteer met bedelary nie! Wel gedaan Clarens."
"Die dorpie self is baie baie agteruit - ek het in die negentig jare baie daar gekom en gewerk, maar since that is alles agteruit - tot die NG-kerk en hoërskool. Strate chaoties - net gate."
"It is a great destination if you make use of the variety of functions and venues available. We went for the hiking and it was awesome. There are extreme activities to enjoy for the wild at heart. Many social venues to experience. A small town experience with good options to keep you busy for a long weekend, or if you just want to get away from the rat race. A good, boring, quiet weekend."
"Clarens en Golden Gate-omgewing is vir ons altyd 'n gerieflike naby genoeg vakansiekeuse enige tyd van die jaar. Lieflike restaurante en snuffelwinkels."