Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Marlothpark is 'n fantastiese plek en 'n plek om weg te kom van die besige stad, 'n plek om te kom rus veral as jy die natuur geniet."
"Ons eerste besoek aan Marlothpark al wat kommerwekkend is, is die aantal plastiek bottels ens. wat die mense rondgooi. En dink ook die mense moet seker maak dat die plekke waar die vullissakke in gegooi word goed toe is sodat die apies en bobbejane dit nie kan oopmaak nie. Dalk net iemand kry om al die plastiek bottels op te tel of sit oral herwinnings blikke neer wat kan toemaak sodat die daarin gegooi kan word. Die diere kan dit inkry en dit is nie goed vir hulle nie."
"Baie lekker, maar ongeag Eskom se loadshedding is daar gereeld probleme met die kragvoorsiening."
"Marlothpark gee vir jou die gevoel van die wildtuin met die veiligheid om ook te stap en deel te wees van die bosveld."
"Alles wat 'n mens kan nodig kry, is daar te koop en Henk van Rooyen se restaurant langs die rivier het 'n lekker spyskaart en vriendelike personeel. Ons het ook 'n draai gemaak by die nuwe kuierplek, GiraffeWatergat! Heerlike pizzas!"
"Vir seker 'n belewenis. Definitief iets wat nooit dieselfde is nie met diere wat by jou voorstoep sit."
"Wow! Beautiful, nature at its best. I love the fact that you see wild animals everywhere in Marloth Park."
"Marlothpark is 'n natuurreservaat aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin so wat dit uniek maak, is die wild wat vrylik op die perseel rondloop en dan is dit regoor die oewer van die Krokodilrivier geleë met 'n pragtige uitsig oor die Krugerwildtuin."
"It’s got a lot busier than we remember, but the people are friendly there and quickly to inform you of any good sightings at the hide, etc. The Waterpark was fun for the kids but a bit overpriced for what’s on offer."
"Rustige plek om te kuier, maar, o weë, die paaie is nie vir 'n sedan motor goedgesind nie."
"Behalwe vir die baie slegte paaie in Marloth vir 'n sedanmotor, is dit die beste toeristebestemming vir 'n besoek aan die wildtuin!"
"Ware Bosveldervaring met maklike toegang tot Mosambiek en die Krugerwildtuin"
"Diere behoort nie gevoer te word nie, want mense voer hulle sommer enige iets te ete. Van die grondpaaie is in ’n swak toestand vir mense met motors."
"Great spot if you have a family to be able to stay for longer at a fairly affordable price. We enjoyed our stay."