Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Dis jammer om te sien hoe mense rommel strooi in die park. Verskeie bottels, blikke en papiere wat in die bos gegooi is. "
"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"
"Pragtige bosvelddorpie met die nodige eetplekke, banke en vulstasie. Naby aan Krokodilbrug ingang."
"Dit was ons eerste keer daar, maar sal dit enigetyd aanbeveel! Die mense ook baie vriendelik en behulpsaam. "
"Pragtig. Amper meer diere naby die huis en voertuig gesien as wat ons oor 40 km in die Park gesien het."
"Die sekuriteit, of die gebrek daaraan was 'n bekommernis. As jy dalk by een van die groter Lodges oorbly dink ek jy is nie so bewus daarvan nie maar het nie regtig veilig gevoel nie. En dit het niks met die wild te doen nie. Daar is net geen beheer oor wie die park binnekom of verlaat nie. Die feit dat elke woning 'n alarm het en dat diefwering baie duidelik oral nodig is, skep nie 'n baie veilige gevoel of indruk nie. En dit is baie jammer."
"As 'n besoek aan die Kruger Nasionale Park, Mosambiek se suide, asook Swaziland op jou reisplan is, moet Marloth sekerlik die bes geleë basis wees om dit vanaf te doen."
"Dit is defenitief 'n plek om te kan wegbreek van die stad sê lawaai en net rus en vrede te hê. "