Verified Reviews
Milnerton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Milnerton
Rated 4.5 out of 5 based on 230 reviews.
"Maklik bereikbaar, veral met die besige verkeer in Kaapstad. Die ligging is sentraal en ideaal vir mense wat die hele skiereiland en omliggende areas wil verken. 'n Heerlike strand vir 'n verskeidenheid van wateraktiwiteite."
"Van my kollega's wat saam was het gesê hulle sal enige tyd daar bly. Dit het vir my glad nie gevoel asof ek in 'n stad is nie. Het ook altyd veilig gevoel."
"Milnerton is baie goed geleë veral vir toeriste. Ubers is maklik bekombaar as jy na die Waterfront wil gaan. Ek sal weer 'n verblyf in Milnerton kies. Die omgewing is rustig en veilig."
"Mooiste strand, sonsondergange en Ilhas Pub se cajun calamari is voorwaar die beste ooit en absoluut waarde vir geld. Baie veilig en op die publieke busroetes met billike pryse."
"Milnerton is baie stiller as Kaapstad en 'n rustige plek om in vakansie te hou. Tog is dit naby aan Kaapstad en groot inkopiesentrums."
"Milnerton was nogal 'n goeie en gerieflike bestemming vir ons. Sentraal en naby Bloubergstrand, Canal Walk en ander winkels, die hoofweg en die waterfront. Verkeer in die week gedurende spitstyd moet vermy word. Die strand is natuurlik uitstekend vir stap, swem en om Tafelberg te sien. "
"Ek verkies 'n rustige omgewing wanneer ek vakansie hou en hierdie was perfek!"
"It's perfectly located to all major routes and sites. Good convenience to shopping amenities and beach. Friendly and helpful security staff. "
"Ver van die strande af, maar die nabygeleë Canal Walk en ander bedrywighede, asook die ligging ten opsigte van die N1 maak daarvoor op."
"Soos met enige plek is daar maar areas wat 'n mens nie gemaklik laat voel nie. Maar soos jy die plek bietjie leer ken, weet jy waar om wat te kry in 'n omgewing wat vir jou gemaklik is."
"Milnerton self het nie veel om te doen nie, maar dis baie sentraal en ander plekke kan besoek word."
"Woodbridge Island is 'n wonderlike vakansie dorp waar mens kan bly, veral langs die see."
"Milnerton (in particular the beach end) seemed an okay area but certainly not like the areas around Sea Point down to Camps Bay Beach. While close to the beach, it was not that close to shops and the Waterfront but not too far either."