Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"It is a perfect place to relax from your busy life, traffic and polluted city life."
"Dullstroom is a great destination, with lots of great places to eat and lovely shops."
"Hazyview is oor die algemeen altyd 'n baie lekker plek om te besoek, met besonder vriendelike mense en tonne besienswaardighede. Die Bambuu restaurant is baie gerieflik en die kos was goed, al is die spyskaart en die kroeg ietwat beperk vir keuse. Dit het onlangs eers oopgemaak, dus is ek seker dit gaan binnekort uitbrei. Die atmosfeer was baie gemaklik en romanties."
"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."
"Sabie is in a beautiful location - rolling hills and valleys filled with lush forests. Whether in sunlight or in fog Sabie forests were gorgeous to wake up to. The nearby waterfalls were a pleasure to visit and swim in (like the Mac Mac pools). The drives to the nearby towns of Graskop, Hazyview, Kaapschehoop, etc. are never boring because the views are spectacular from the car too. Remember to hire or take a 4x4 or at least a car that can handle dirt roads and lots of potholes. Also remember to check the weather before hand - the gorgeous passes that you can drive through become very dangerous to travel through when there is fog. "
"Dullstroom is baie mooi en vir 'n naweek baie lekker om uit die stad pad te gee. Ons het lekker rondgeloop en ontspan."
"Die paaie benodig 'n dringende opgradering om toekomstige toerisme te verwelkom. Daaglikse weervoorspellings kan binne die dorp aangedui word wat dan ook toeriste se besoek aan God's Window sal vergemaklik om teleurstelling te voorkom. Meer aandag moet geskenk word om die omliggende besienswaardighede meer skoon te hou of dan die mense meer bewus te maak om nie gemors te strooi nie (papiere en bottels orals in die rainforest by God's Window en omliggende watervalle)."
"Vir die voëlkykers is dit 'n paradys! Die natuur is asemrowend mooi en die rustigheid 'n lafenis vir die siel. Toerisme-brosjure is vol interessante gegewens en ons het die dorp behoorlik gefynkam."
"Pragtig! Mooi dorpie in die middel van die berge en plantasies. Lekker weer gehad oor Desember. Stadsmense wees net bewus dat winkels en restaurante vroeër toemaak as wat mens gewoond is. "
"Graskop is 'n baie klein dorpie met sy eie karakter. Ons was ook baie bly om die reën en mis in dorp te gekry het. "
"Wakkerstroom bied 'n verskeindenheid vir die besoeker: interessante geskiedkundige inligting, die vleiland ideaal vir "bird lovers", die winkeltjies is van alles, en goeie restaurante waarvan ek persoonlik The Garret Emporium se kos en die eienaar se persoonlike diens as 'n hoogtepunt ervaar het. Die dorpie is in 'n pragtige omgewing. Daar is verskeie staproetes en baie mooi fotografiese geleenthede. Die inwoners is vriendelik en die dorpie skoon. Daar is 'n groot moderne aftreeoord en ek dink dit is ideaal vir mense wat in die mooi van die platteland wil aftree.vv Vir persone wat 'n tydie daar oorbly in selfsorg eenhede, sal dit goed wees om dalk meeste proviand op Volksrust of in Newcastle te koop. Daar is wel 'n winkel waar die noodsaaklikste aangekoop kan word. Wakkerstroom is absoluut die moeite werd om te besoek. Maar bly 'n paar dae oor en leer die vriendelike mense ken. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo Waterfront Lodge"Nelspruit en omgewing is pragtig maar baie warm in die somer."