Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Dit is 'n baie rustige omgewing en met die diere wat daar rondbeweeg skep dit 'n aangename atmosfeer. Die paaie kort beslis aandag. Ek weet nie hoe mense met 'n gewone motor daar ry nie."
"As jy nog nooit daar was nie, sit dit op jou bucket list. Ons was al meer as een keer daar en elke keer is dit heerlik daar."
"Fantastiese plek. Kuier al vir jare in Sabie. Ons bly gewoonlik by my sussie. Maar ons was te veel mense vir my swaer se 60ste."
"Jammer dorp se paaie word nie onderhou nie en drinkwater nie veilig nie, maar ligging tussen berge baie mooi"
"Restaurante is nie oop na 17:00 nie. Ek dink daar is nog nie genoeg besoekers om dit te regverdig nie. Hopelik verander dit in die toekoms."
"Belfast het met tyd agteruit gegaan. Dit is 'n deurgang na die noorde to en het baie verkeer op 'n daaglikse basis. As Belfast skoongemaak word en die strate herstel word, kan dit 'n toeriste-aantreklikheid word."
"Bekommerd oor die toestroming van werkers waar dit voorkom of daar nie toegangsbeheer is nie. Dit lyk of dit ook in die toekoms oorbeset kan raak waar die bou van huise geweldig toeneem."
"Daar is 'n paar huise en strate wat bietjie verwaarloos is in die omgewing. Graskop is lekker sentraal en as jy van stilte hou, baie lekker."
"Ons was op die verkeerde naweek in Graskop. Die Lift en die restaurant is 'n belewenis en 'n besliste ja."
"Hulle moet asb. kyk om 'n First Aid Kit in die park te hê, die super tube is nice, maar bietjie nou en maak die kiddies bietjie seer. Goeie security en baie nice plek in die bos."
"Luilekker plek, baie wild langs die Krokodilrivier gesien. Miskien dalk aandag gee aan die grondpaaie, paar plekke, veral as jy met klein kar daar wil ry."
"Ons het slegs Dullstroom besoek en was aangenaam verras toe ek Piet Pompies (Pieter Risghmuller) van DJ Ossewa faam, Saterdag daar raakloop en lekker kon luister na hom en sy nuwe orkes, saam met Vabond die dromspeler by een van die restaurante."