Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Baie warm en droog hier, maar definitief die enigste dorp in die omgewing waar daar iets aangaan. Mooi klipkoppe rondom die dorp met pragtige kokerbome."
"Buiten vir loadshedding wat nie die besigheid se skuld is nie, is dit 'n lekker plek om by oor te slaap."
"Dorpie het erg agteruit gegaan en restaurantjies is erg onbetroubaar met tye wanneer hul oop of toe is, wat dit nogal moeilik maak as jy in 'n gastehuis bly. Die paaie is 'n gemors en dwelms en drank het die lokale inwoners erg benadeel. Die plaaslike inwoners bemors die hele plek. Beveel beslis nie aan vir 'n vakansie nie."
"Dit is iets anders om te beleef. Die rotse, klippe en unieke koppies. Die mense warm, maar reguit gees."
"It was our first time in the area and we loved it. Definitely want to return for the flower season."
"Heerlik geleë om van hier af blomme te kyk of net weer op die N7 jou reis verder te voltooi."
"Kleinzee is nie 'n hengelbestemming nie, dis bietjie ver van die see af en jy kan nie naby die strand kom met 'n voertuig nie. Daar is egter redelik baie restaurante en winkels en die dorp is veilig en rustig en stil."
"Die dorpie is baie klein en soos baie plattelandse dorpies bietjie verwaarloos, maar die see en natuurskoon is pragtig. Daar is ook 'n paar oulike braaihuisies op die strand wat wonderlik is en vir ons baie spesiale toevlugsoord was. Die Crazy Crayfish Dinner gee heerlike kos en baie vriendelike diens."