Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.
"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
"Nieu-Bethesda is die een plek waar jy as besoeker kan asemskep en jou siel voed. Stilte, oop spasies, vars lug, kuns, boeke en die beste in kos. "
"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."
"My love story with this little town continues. Always explore Miss Helen's vision, but also go eat the lamb roast at Waenhuis and pop in for a church service on a Sunday morning. Just because. And don't forget the platter at Two Goats and rugby at Ramstal, whether you watch sports or not! "
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"Unieke karakters in 'n baie klein gemeenskappie. Almal probeer hulle bes en is besonder vriendelik. Interessante boekwinkel met 'n kaasmaker eienaar. Die Uilhuis was morbied, maar interessant, die padstal met al die diere, plaasimplemente en heerlike tradisionele kos was fantasties, die plaaslike kroeg was verfrissend met Boetie Bester as kroegman. Ons het te min tyd gehad. Sal vir seker teruggaan. 'n Nostalgiese ervaring. "
"Buite seisoen was die diens nie op standaard nie en kon nêrens met 'n kaart betaal nie."
"Beslis in enige persoon se reis-wenslysie. Dit is my tweede besoek aan Nieu-Bethesda en elke keer is my ervaring anders en 'n mens ontdek oulike juweeltjies. Neem fietse saam."
"Ek wou nog altyd die Uilhuis gaan besoek het en dit was 'n belewenis. Ek kan ook die fossielsentrum aanbeveel waar ek geleer het hoe om fossiele te soek! Daar is regtig soveel om te doen, jy sal nie glo hoe vol dinge so 'n klein dorpie kan wees nie. Moet beslis ook nie die bier en kaas by die Brewery mis nie en ook die Tower Restaurant se Karoo Lam was 'n treffer. Ek wil beslis weer soontoe gaan. Dit was regtig een van die mees interessante plekkies wat ek al by was. En die mense is so vriendelik. Vir jou volgende vakansie, oorweeg beslis Nieu-Bethesda."
"A lovely quaint village that is best enjoyed walking the streets and popping into various restaurants, etc. chatting to the locals."
"Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!"
"Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik). "
"Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant."
"Ware juweel van 'n dorpie. Lekkerste sop by The Brewery geëet. Fossiel-liefhebbers paradys. Uil huis is 'n moet sien."
"Oulike dorpie, sal dit net eerder in die toekoms in die somer besoek. Was baie koud gewees met ons besoek. Skep geboude en netjiese strukture vir die plaaslike inwoners om hulle produkte te verkoop. Baie werkloosheid in die dorp en gemeenskap wat op hierdie manier aangespreek kan word. Die eetplekke baie duur. Voel die publiek word bietjie uitgebuit met hul buitensporige pryse!"
"Really enjoyed seeing the owl house, despite it being bitterly cold. It would have been nice to have more time there, but that was our fault not theirs."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."