Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.
"Voorheen was Clarens my gunsteling dorp in die land. Maar ek dink Nieu Bethesda het nou daai plek oorgeneem! "
"Onhou daar is geen vulstasie op die dorp nie. Die meeste besighede het geen kredietkaartfasiliteite nie en bring jou eie wyn - ons het geen drankwinkel gesien nie. Ek hoop dat Nieu-Bethesda so karaktervol en magic sal bly."
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Will definitely want go back. Needed to spend at least another day there. Very laid back and peaceful. The Owl House, Fossil Kitchen, Brewery as also the New People Gallery at the Tower Restaurant is a must. The townspeople were exceptionally friendly. Can't stop sharing our time at Nieu-Bethesda with friends and family."
"Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!"
"Baie goeie toeristebestemming. Onthou om kontant saam te vat - geen OTM, kaart fasiliteite en vulstasie. Soveel meer as net die Uil Huis - kyk gerus na Nieu-Bethesda info. Laat voldoende tyd toe."
"Food and drinks could be a problem as it is difficult to find open venues midweek (we visited out of season). "
"Nieu-Bethesda is a quirky little town off the tourist track. It is full of arty nooks and off-beat people. A true Karoo "dorpie" - well worth a visit for those who love peace, quiet and unspoiled scenery."
"Eet, verversings, snoeperye is onnodiglik duur. Was twee keer uitgebuit. Maak seker wat jy bestel is in detail bespreek, vra pryse vooraf om seker te maak julle praat van dieselfde ding."
"'n Moeite-werd plek om te besoek. Moenie dit misloop nie. Gaan kyk na die boekwinkel - daar is 'n ongelooflike versamelingboeke, oud en nuut."
"Kan alles doen wat jy wil in 'n halwe dag. Ons het vir 3 dae bespreek en dit was te veel."
"Daar is baie meer te doen en te sien as wat ek verwag het, en almal is vriendelik en behulpsaam. Anti Evelyne se restaurant is 'n ondervinding wat ons nie sal misloop wanneer ons weer 'n draai maak in Nieu-Bethesda nie. Ek het lanklaas aan so 'n (groot) bord boerekos gesmul. Behalwe natuurlik die Uilhuis, is daar ook 'n brouery, koffieroostery, boek- en krapwinkels, restaurante en 'n fossielmuseum. Kompasberg, die Oos-Kaap se hoogste berg, kyk oor die dorpie uit en is gewild onder voetslaners."