Verified Reviews
Nxuba (Cradock)
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nxuba (Cradock)
Rated 3.9 out of 5 based on 203 reviews.
"Pragtige ou, geskiedkundige dorp en geboue, maar ons was teleurgesteld met die toestand van die paaie voor Cradock van Hofmeyr se kant af en in die dorp self is dit haglik! Ons het onveilig gevoel in die dorp met al die trokke en tientalle bedelaars wat almal karwagte wil wees. Dit het later die aand soos 'n truck stop gelyk."
"Pragtige dorp,maar strate is in 'n treurige toestand. Het heerlik by The Shed gekuier!"
"Roads in the actual town are shocking, but as soon as you leave they become good."
"Die Berg zebra kamp naby is baie mooi, wat die dorp self betref lyk die dorp beter as sommige platelandse dorpe wat totaal en al uitmekaar val. 'n Mens kan egter ook maar sien dat sekere sake aandag geniet, paaie is vol slaggate en oor die algemeen is daar ook min winkels, om eerlik te wees kon ek glad nie 'n winkelsentrum vind nie behalwe die Spar, maar miskien is ek daar verkeerd."
"Ai, net hartseer hoe die dorp agteruit gaan. Daar is net geen "maintenance" van die munisipaliteit se kant af om die paaie te herstel in die dorp nie."
"Pragtige dorp met soveel geskiedenis. Asemrowende uitsigte rondom die dorp."
"Ons het Bergkwagga Nasionale Park besoek buite Cradock. Was beslis die besoek werd."
"Pragtige dorp met pragtige geboue, maar ongelukkig het die dorp agteruitgegaan die afgelope paar jaar die strate is vuil en mens voel nie veilig nie. Buiten dit is 'n besoek aan die dorp beslis die moeite werd."
"Ten spyte van die slaggate in die dorp is hierdie dorpie iets anders. Die mooi en antieke landskappe en die sammestelling van geskiedenis is net wonderlik. Die mense van die dorp wat so vriendelik is en jy word gegroet asof jy tuis is. Dis 'n plek om enige tyd weer te gaan rus."
"Lots to see with nearby game reserves. Interesting historic buildings."
"The Cradock Council needs to fix the potholes and improve the cleanliness of the town. There was litter everywhere. So sad to see, what was once a beautiful little town, become so run down."
"'n Pragtige omgewing met sy Karoo-berge en besproeiingsplase. Die Bergkwaggapark is ook 'n groot pluspunt. So ook die beroemde NG Kerkgebou en die Olive Schreiner-museum. Soos baie dorpe in die platteland laat die inwoners die dorp werk ten spyte van die munisipale wanbestuur. Cradock is beslis die moeite werd om te besoek."
"Cradock is a lovely town, well kept and clean. The buildings and houses were well maintained and the shops clean and well stocked."
"Pragtige dorp en hartsmense in die Karoo, 'n moet vir oorslaap om die dorp en sy mense beter te leer ken."
"Cradock is in geheel duur, maar ons moes eenvoudig gaan, en het dit baie geniet. Ou dorpie, met baie karakter. Enige toeris moet dit beleef."