Verified Reviews
Nxuba (Cradock)
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nxuba (Cradock)
Rated 3.9 out of 5 based on 203 reviews.
"Die strate van hierdie dorp is in 'n ernstige toestand van verwaarlosing. Ons het gesoek na die Victoriaanse perde-trog in Frerestraat, maar dis klaarblyklik verwyder. By Olive Schreiner se huis is die koperplaatjies ook opvallend afwesig. Die NG Kerk naby die Hotel is 'n pragtige gebou. Ons het dit baie geniet om die stringe Tuishuise te sien - lieflike restourasiewerk."
"Gaan eet beslis by Buffalo Dan. Kos is smaaklik, porsies groot en pryse baie billik."
"Ons het in Cradock net oornag op ons pad Durban toe, maar ek dink dit is definitief 'n langer besoek werd."
"Cradock het 'n ryk geskiedenis en die potensiaal om 'n wonderlike bestemming te wees. Ongelukkig word die dorp nie goed bestuur en onderhou nie. "
"Ongelukkig soos in baie dorpe, baie papiere wat rondlê en waai. Baie mooi en besonderse kerk."
"Daar is nie regtig goeie restaurante vir uiteet nie. Die enkeles wat daar is, was vol. Enigste ander opsies is wegneemetes."
"Dis 'n pragtige dorp met vriendelike mense en 'n fantastiese mooi skool en kerk. Regtig die tyd werd om daar te spandeer."
"A very interesting historical town and we could have stayed a few more days to enjoy the culture."
"Die inwoners bepaal die dorp. Die inwoners wat ek ontmoet en mee te doen gehad het, regverdig net goeie woorde."
"Min plekke om te gaan vir aandete, maar heelwat wegneemeetplekke om daarvoor op te maak."
"Pragtige historiese huise. Mooi argitektuur. 'n Juweel in die Karoo."
"Op 'n Sondagaand is 'n lekker eetplek 'n probleem, maar daar is steeds genoeg wegneemetes om van te kies."
"Cradock is een van die klein Oos-Kaap dorpe wat nog goed in stand gehou word. Woonbuurte is skoon, huise vertoon pragtig, tuine van huise is pragtig. Lieflike Spar. Skole en gronde is goed versorg!"
"Unfortunately the hot springs have been left to go to rack and ruin.Everything is closed on a Sunday, no eating establishment was open. Even the Super Spar closes at 1:00, fortunately we had breakfast at Irelander and could do a braai in their amazing braai facilities."
"Wat 'n verrassing! Klein maar daar is soveel om te sien en kan lekker koud raak!"
"Ek het heerlik rondgestap in die veilige dorp. Ek was in verskeie oulike winkeltjies. he Shed was n wenner, baie mooi kwekery. Lekker koffie daar gedrink. Cradock is 'n pragtige dorp. "