Verified Reviews
Nxuba (Cradock)
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nxuba (Cradock)
Rated 3.9 out of 5 based on 203 reviews.
"Baie mooi omgewing. So groen en plaaslike mense is vriendelik. Die breë strate is wonderlik, maar kort definitief instandhouding en aandag."
"It’s a great stop over to and from Joburg to the Cape, we were only there for one evening so didn’t really have time to explore. "
"Scruffy town, in need of a lot of work to roads, and need to be more tourist friendly."
"Skattige Karoodorpie vol geskiedenis. Die strate is effe verwaarloos en daar is baie trokke, maar dit is per slot die N10-deurgangsroete. Vir ontbyt en goeie koffie is True Living die plek."
"Baie mooi met die ou geboue. Laat 'n mens voel of jy teruggegaan het na die vyftiger jare toe."
"Cradock is a lovely little town in the heart of the Karoo. We have stayed there 3 times in the past 6 years as a stopover to Kenton on Sea. There is a beautiful old hotel in the centre of town that is so beautiful and quaint. Cradock has true Karoo hospitality. We love it."
"Cradock is 'n pragtige dorp, ryp aan geskiedenis. Dit is duidelik 'n dorp wat besef sy oorlewing hang af van die hoeveelheid besoekers en daarom word ou geboue gerestoureer."
"Leon by Olive Schreiner museum is baie toegewyd. Beslis 'n besoek werd. "
"The Mountain Zebra Game Reserve salvaged our Cradock experience and it was an awesome day out. "
"Cradock se inwoners is vriendelike mense en almal het ons gegroet maar die dorp het min aantrekkingskrag as gevolg van agteruitgang. Een dag se kuier was meer as genoeg vir ons."
"Dit is baie naby aan die Mountain Zebra Park wat 'n mooi park is om te besoek. Cradock se NG Kerk is baie indrukwekkend."
"Cradock has some lovely historical sites to visit; very close to Mountain Zebra National Park!"
"Ons het middag 14:00 in Cradock geariveer en kon die middag nog 'n hele Zebra Park roete ry voor hek toemaaktyd 18:00 aangesien dit so na aan die dorp is."
"Cradock word dikwels gesien as 'n plek om brandstof aan te vul of om iets te ete te kry. Daar is veel meer te sien en te doen. "
"Daar is min uiteetplekke op die dorp en die strate is redelik vol slaggate. Die mense maak egter die dorp en oral was almal vriendelik, hulpvaardig en die kinders wat veral in Marlow is, het diep in ons harte gekruip. Sal beslis weer Cradock besoek. "
"Dis die eerste keer dat ek werklik kennis met Cradock gemaak het. Baie oulike plattelandse dorpie, maar die dorp kort beslis 'n skoonmaak en teerpaaie. Ek glo mens sal gou verveeld raak indien jy langer as een dag daar vertoef, veral as mens van die stad af is."
"Die omgewing is pragtig! Die paaie in die omgewing is goed onderhou, maar die dorp se strate is werklik iets waaraan die munisipaliteit dringend moet aandag gee!"
"Ongelooflike mooi dorpie met baie om te doen. Ons was egter net te kort daar. Besoek aan Mountain Zebra Reserve is 'n moet en 'n ete by Buffalo Dan's ook. Gasvryheid kry voorkeur in die dorp."
"Ons het oor die feesseisoen gesukkel om 'n dokter te siene te kry en dit was nogal onaangenaam, want my man was baie siek en toe raak ek ook siek. Die dokters kan gerus ooreenkom om beurte te maak om ook oor so 'n tydperk beskikbaar te wees."
"Cradock itself is worth a brief visit but it is more the National Park, surrounding area and natural beauty that is worth coming to than the town itself. "