Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"As gereelde besoekers aan die KKNK is dit steeds lekker om daar te kuier - daar is 'n goeie verskeidenheid eetplekke."
"Het die KKNK bygewoon en sal dit weer bywoon volgende jaar, want dit was een groot fees!"
"Die ondervinding van die Karoo se rustigheid verkwik 'n mens se siel. Die vriendelikheid van die mense dra by tot hierdie rustigheid en eg Karoo-ondervinding."
"Oudtshoorn is vol verrassings. 'n Dagrit deur die Swartbergpas en Meiringspoort is 'n moet om die mooi omgewing en nabygeleë dorpe van Prins Albert en De Rust te verken."
"Oudtshoorn was fantasties, dit was ons eerste besoek aan die KKNK en dit was 'n baie aangename atmosfeer. Al die mense was baie vriendelik. Dis baie skoon en netjies en al die fasiliteite is in baie goeie kondisie. Ek sal beslis terugkeer. "
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Was al baie daar en dit bly maar 'n lekker plek om te besoek. Eerste keer wat ons KKNK besoek het. Dit was ook lekker."
"Skoon dorp met baie besienswaardighede en baie vriendelike mense."
"Ek het nooit besef hoe groot toeristebestemming Oudtshoorn is nie en als wat mens daar kan doen nie. Defnitief aan te beveel."
"Ons het die Cango Wildlife Park besoek en dit was werklik 'n wonderlike ervaring vir my en my seun. Die Wesbank MTN Leopard Crawl (waarin my seun deelgeneem het) was 'n goed georganiseerde byeenkoms en ons sal definitief weer daaraan deelneem. "
"Wonderlike dorp ... oorweeg om te kom aftree in die dorp of omgewing in 2028... my hart verloor aan die dorp met sy wonderlike mense en plattelandse mooiheid."