Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Heerlike vakansieplek. Lekkerste vakansie-atmosfeer. Besoek die area gerus."
"Die Leopard's Kloof watervalle by die Harold Porter botaniese tuin is ongelooflik mooi. Ons was gelukkig om die Rooi Disa in blom te sien (dit was 'n eerste vir ons). Besoek dit gerus indien jy kans sien om 'n paar houtlere op te klim en oor rotse te klouter. Onthou net om 'n permit en sleutel by die tuin se ontvangs te kry en gaan vroeg!"
"Om 'n naweek of tyd na Struisbaai te kies is die beste keuse ooit. Dit het die mooiste, netjiese en gerieflikste plekkies om na te gaan."
"Mooie dorpie, goed geleë i.t.v omliggende dorpe en ook die see. Oulike restaurante en vriendelike, behulpsame mense in die winkels. Baie te doen en te sien en 'n goeie familievakansiebestemming."
"Ons kom hou al 9 jaar vakansie in Pearly Beach en besoek ook 2 of 3 keer gedurende die jaar. Ons is mal oor die plek. Whale Coast Brewery, die restaurant het die lekkerste atmosfeer, kos en eie bier, 'n moet om te gaan besoek. Skoon en netjiese strande, mooiste natuurskoon, strandwinkel met al die nodigste behoeftes. Naby Gansbaai as jy na 'n groot winkel toe wil gaan."
"Hermanus is so naby aan Kaapstad en bied 'n wye verskeidenheid van besienswaardighede en doen-dinge in die onmiddellike omgewing en wyer."
"Blouvlagstrand, baie stapgeleenthede beide kante van die strand. Fantastiese sonsondergange oor die see. Stil, selfs oor Desember, geen "buzz". Jy kan basiese kosbenodighede in Pearly Beach kry asook pizzas en vir ander goed moet jy Gansbaai toe ry."
"Swellendam is regtig een van die mooiste plekke wat ons nog ooit besoek het. Netjies, skoon en so ryk aan geskiedenis. "
"Dit is 'n rustige vakansiedorp selfs in die middel van die spitsseisoen. Silversands is baie goeie strand vir kinders met al die poele, en ook die moeite werd om al die omliggende dorpies te besoek."
"Area was bietjie besig vir ons op motorfietse. Nie veilig gevoel in die middedorp. Neem aan dat vakansietye redelik 'n nagmerrie kan wees."