Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Kleinmond is 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense en die wandelpaaie langs die kus is absoluut 'n fees!"
"Ek wil Hermanus toe trek nadat ons die naweek daar spandeer het! Dis so rustig! "
"Franskraal het 'n lang oop strand (met en sonder rotse) met 'n paadjie wat al langs die see loop. Dis rustig en skoon en 'n lafenis vir die siel. "
"Hermanus is definitief die perfekte plekkie om te gaan verken. Ons was in die mall en daarna die Hermanus Brewery gaan besoek en wat 'n lekker aangename tydjie daar gehad. Almal was vriendelik. Die dame wat ons kom haal het halfpad het ons lekker laat tuis voel en ons verduidelik wat gebeur daar en ek het lekker bier geproe al hou ek nie eintlik van bier nie. Dit was steeds 'n lekker ervaring. My seuntjie hom ook gate uit geniet. So ek sal Hermanus Brewery aanbeveel vir toeriste - dit is nou 'n bestemming om te wil wees by. Was awesome en sal enige tyd weer terugkeer!"
"Very nice place for holiday, I've been coming here for almost 50 years. "
"Ek gee 5 ster as aanbeveling, alhoewel ek 1 wil gee en die plek net vir myself wil hou en toeriste uithou!"
"Dit is vir my die pragtigste dorpie met die gevoel van Clarens. Die eetplekkie was wonderlik met die heerlikste atmosfeer en kaggelvuur."
"Baie lekker rustige plekkie met groot winkel. Dorpe naby waarna mens kan uitry."
"Ek hou baie van De Kelders en die uitsig bo van die kranse af is baie mooi. Die paadjies om langs die krans te loop is mooi uitgelê."
"In die dorp is daar niks om te sien nie. Jy gaan verken die omgewing en die ander toeriste-aantreklikhede. Maar Underhill Farm in die Vyeboom streek, sal die rede wees hoekom jy soontoe gaan. "