Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Perfek geleë. Rustige dorp en naby genoeg aan die see en ander besienswaardighede. "
"Ongelooflike stuk kuslyn en riviermonding. Fantastiese vakansiebestemming as jy rustigheid, natuurskoon en 'n vriendelik en gasvrye gemeenskap wil besoek. Jy kan alle benodigdhede in die paar winkels koop - daar was 'n baie oulike mark in die feestyd waar ons lekker gekoop het en tuisnywerhede geniet het. Ons het ook heerlik geëet by die restaurant op die perseel - Pili-Pili Restaurant."
"Onrus is 'n pragtige dorp en herinner aan die vakansie dorpe toe ons kinders was. Kinders is veilig en loop en ry fiets in die strate strand toe."
"Die ligging is onvergelykbaar en het onvergeetlike herinneringe help hou. ‘n Prentjie geskilder uit die Vader se hand. "
"Vermont is baie mooi en skoon, maar ek verkies 'n plekkie met bietjie meer things to do - hoewel dit goed geleë is. "
"Struisbaai is 'n perfekte plek as jy na stilte soek en net die see wil he as geraas. Dis beslis my nuwe vakansiebestemming."
"Perfek vir kite-surfing en enige watersport weens die wind middae. Blouvlagstrand, skoon en netjies. Altyd veilig en pragtige uitsigte!"
"It is a vibrant, clean and energetic town with a lot of special restaurants and little nooks."
"Een van my gunsteling plaaslike bestemmings, veral in die somer. Dis jammer dat dit so uitbrei, want dit verloor amper die "village" atmosfeer van vroeër jare. Ook met al die verkeersligte en spoedbeperkings as mens van Kaapstad af ry, spandeer mens te veel tyd op uitstappies na buite die dorp. 'n Toeriste busdiens wat die hoof-besienswaardighede en hoofstrate van die dorpies in die omgewing dek, sal dit lekker maak."
"Ons is afkomstig vanaf Gordon's Baai en dit was so lekker om na so 'n skoon omgewing te reis!"