Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."
"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."
"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."
"Hermanus was een van my gunsteling plekke waar ek nog ooit was. Fantastiese plek en vriendelike personeel."
"Mooi, plattelandse dorpie. Genoeg om te sien in die omliggende areas."
"It's relaxing and quiet away from the city and also has good places to do my fishing."
"Lekker vissersmandorpie sal nie aanbeveel om kinder en vrou saam te neem nie nie veel vir hulle om te doen nie maar vir 'n lekker wegbreek om net te gaan visvang is dit die ideale plek."
"Baie oulike plek, met genoeg winkels as jy iets benodig. Lekker visvangplekke vir die vissermanne."
"Baie lekker vakansiebestemming met verskeie besienswaardighede, wynroetes en kuierplekke."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."
"My gunsteling seebestemming, strand is baie veilig en baie restaurante om van te kies. Vriendelike dorpie."
"Die wind het ons hengel belemmer maar was deur inwoners van Witsand uitgenooi na die hengelclub waar dinge heel feestelik geraak het."