Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Die middedorp met die klompie eetplekke en winkeltjies is oulik en verstaanbaar 'n goeie toeriste-attraksie. Net jammer om te sien dat Mimosa Park absoluut ten gronde gegaan het en dat gedeeltes van die dorpie baie armsalig lyk. Wat ook nie goed is nie is die klomp groot vragmotors wat deur die hoofstraat ry wat die rus verstoor. "
"Lekker plattelandse atmosfeer met verskeidenheid van winkels en restaurante. Naby aan Johannesburg en Pretoria."
"Jammer ons het nie geweet dat Parys naweek bestemming is nie. Deur die week is alles toe."
"Dit was my eerste keer in Parys en ek het die dorpie se winkels en restaurant baie geniet. Sal vir seker weer die dorpie besoek."
"Dis die perfekte dorp vir 'n langnaweek wegbreek. Dit bied inkopies, snuffel winkeltjies en natuurskoon."
"Parys is 'n heerlike dag of twee uitstappie. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Great small town with lots to do. Tourist information office however was mostly closed in the days before Christmas. It remained closed with that sign for hours, even the next day still closed. They did not answer the phone or responded to emails with enquiries (been a week now)."
"Parys bied al vandat ek gebore is, dit was nou die 18de Desember 2019 'n hele 60 jaar se Parys ervaring..... so onthou ek dit van my ma my nie meer borsvoed nie, het ons kom verskillende goete doen, soos familie-, kyk-, drink-, bly-, beleef-, kerk-, selfgemaakte-, entrepeneurskap-, eet-, onderin die rivier-, bo-opi rivier-, goed vir enige ouderdom al is jy nog die volgende geslag wat in jou pa en ma se oë uitstraal. Parys is 'n mooigoed, onthougoed, lekkergoed, verrassingsgoed, herinneringsgoed, hartsplekgoed wat jou nooit sal los nie. Jy onthou en ruik die mooigeit van die mense se opregtheid in hulle oë en stemme. Ek saluut Parys. Bewaar wat julle het!"
"They need to market themselves more to people, place is affordable, but with great experience."