Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Die dorp het soveel potensiaal en mens kan sien daar word 'n poging aangewend om die klein besighede te bevorder. Dis 'n jammerte dat die hoofpad deur die straat loop waar al die activity is. Sal 'n goeie idee wees om die verkeer te herlei en daardie deel 'n wandelpad te maak. En dan die bedelaars: genade daar is baie. Mens kan net eenvoudig nie vir almal gee nie!"
"Was aangenaam verras om oral in Afrikaans bedien te word, 'n plek waarheen ons gereeld sal na terugkeer."
"Never had much time to investigate much of Parys but intend returning for the annual flower show."
"Fun weekend away. I would recommend the Kommandonek Game Lodge drive to finish off the weekend. Very informative guide with his enthusiastic shadow (grandson). They have reindeer on the farm too. Great for kids. The Bon-af berry farm also worth a visit for their lovely fresh berry juice and real farm butter. And pack a picnic basket for sun downers along the river."
"Lekker ontspanne plek vir 'n naweek se ontspan en winkeltjies te kies en te keur."
"Gaan loer gerus in by Hoi Polloi-restaurant. Het ure lank rustig hier gekuier en baie lekker geëet! Die staptog in die koepel was die kersie op die koek van ons besoek."
"Heerlike vakansie atmosfeer en dorp bied baie in 'n platteland omgewing."
"Die dorp is 'n pragtige skoon plek en ons sal beslis weer daar besoek af lê."
"Oulike dorpie met sy pragtige en unieke winkeltjies. Maar ongelukkig is die swak munisipale bestuur van hierdie, soos so baie ander klein dorpies (en groot), ongelukkig baie sigbaar en het dit 'n direkte gevolg op die toerismebedryf in die omgewing."
"Parys is 'n pragtige klein dorpie wat absoluut buzz! Die atmosfeer is voelbaar en die hoofstraat is 'n skatkis van eetplekkies, antiekwinkels en kuriowinkeltjies. "
"A beautiful touristy town with friendly people and so much to discover, see and do. Sadly we didn't get to see and experience as much as we wanted to, as we found that many of the fascinating little stores and cafe's closed early on Saturday. This came as a surprise for a place that obviously draws a great number of visitors. Still, we would love to go back to experience more of lovely town. "
"Stil rustige omgewing, mens herleef jou kleintyd herinneringe soos by ouma op 'n klein dorpie."
"Daar is 'n pragtige mark op 'n Saterdagoggend waar die heerlikste kosse en vars produkte te koop is. Dis heerlik om op die wal van die Vaalrivier te sit op die lowergroen gras terwyl jy aan iets dekadent smul. Die restaurante is oor die algemeen duurder as in die stad, maar glo my die kos is uit die boonste rakke. Dit is soos om in die Kaap te gaan kuier net hier om die hoek. "