Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Many interesting shops and galleries. Will have to return to see the rest of Parys."
"Dis 'n lieflike dorp met oulike winkels wat vir almal voorsiening maak. Lekker eetplekkies. Fun2chino was 'n hoogtepunt vir ons 3-jarige seuntjie."
"Dit is die ideale plattelandse dorpie om deur die strate te drentel en by al die winkeltjies in te loer. 'n Paar glase wyn te drink en na al die motorfietse te kyk wat in die straat afry."
"Parys het verskillende besienswaardighede wat deur die loop van 'n dag besigtig kan word. Dit is 'n rustige, ontspannende atmosfeer."
"Clarens in een lang straat... met 'n rivier. As jy hou van snuffel, antieke goed en kuns, net die regte plek om te besoek."
"Met ons aamkoms in Parys was dit reeds donker die aand. Ons het aanvanklik gedink dis dalk beurtkrag dat die dorp so donker is totdat ons besef het dat net hier en daar 'n straatlig brand. Sou dink vir 'n dorp met so besige deurvloei van verkeer moes die hoofstraat se ligte darem almal gebrand het! Die winkeltjies maak in die daglig darem op vir die donker strate in die aand."
"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."
"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
"It was gladdening to see the streets have been repaired since the last time we were there. Interesting little shops and very friendly people."
"Ons geniet Parys elke keer as ons daar gaan kuier. Ons is mal daaroor om in al die pandjieswinkels rond te loop en bring elke keer 'n vrag oudhede terug huis toe."
"Lekker wegkom, ontspannende dorpie. Jy kan bietjie van alles vergeet en die kunstige atmosfeer geniet en die natuurskoon inneem."