Verified Reviews
Potchefstroom
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Potchefstroom
Rated 4.1 out of 5 based on 931 reviews.
"Potchefstroom is besig om agteruit te gaan. Die straatligte werk nie en daar is 'n algemene gevoel van armoede - baie bedelaars op straat. Daar is wel baie oulike restaurante en ek is seker die gemeenskap probeer hard om die probleme aan te spreek."
"Potch is 'n dorpie wat vra dat jy nog 'n bietjie langer te bly."
"Ongelukkig swak instandhouding van infrastruktuur wat toerisme erg kan knou."
"Potchefstroom was baie lekker atmosfeer, so lekker om in die aande nog na plekke toe te kon loop en veilig te voel in die winkels en restaurante, het geensins bedreig gevoel, maar welkom en gemaklik."
"Dit het wel onlangs baie gereën, maar iewers sal die munisipaliteit iets aan die paaie se toestand moet doen. Dis in haaglike toestand en gevaarlik vir bestuurders wat nie die area ken nie."
"Studentedorp en daarom verwag mens dat dit bedrywig sal wees maar omdat dit my Alma mater is, het ek geniet om weer daar rond te ry."
"Baie oulike dorpie met als wat mens benodig. Dit was lekker om so baie mense te hoor kommunikeer in jou eie taal."
"Heerlike studentedorp. ABSA kan dit dalk oorweeg om 'n tak op Die Bult oop te maak waar baie van die studente woon. Dit is 'n probleem dat daar nie 'n tak is nie veral vir studente wat nie hul eie vervoer het nie."
"Ons het net oornag op ons pad huis toe, maar Potchefstroom is 'n pragtige dorp."
"My besigheid daar is met die universiteit. Daar is nie veel om te doen of sien in die dorp self nie."
"Ons is van die platteland, so dit was vir ons baie gerieflik en verrassend om so baie besighede in Potchefstroom aan te tref, en veral weens die feit dat als letterlik in 'n radius van 5 km uit mekaar is. Daar's oulike inkopiesentrums en 'n verskeidenheid van eetplekke om uit te kies. Baie oulike dorp."
"Dorpie is pragtig, maar hulle paaie is baie sleg. Dis al slegte punt, dis hulle paaie."